loading
Artikels
6 maande gelede
beheer-so-jou-emosies-om-professioneel-in-die-werkplek-te-bly

Foto Krediet: OkayDeer

Beheer só jou emosies om professioneel in die werkplek te bly

Deur Nico Strydom

Die werkplek vereis sekere optrede en gedrag, en hoewel dit belangrik is om jou emosies te erken en uiting daaraan te gee, is dit noodsaaklik om te alle tye professioneel in die werkplek op te tree.

Werknemers ondervind daagliks baie stresvolle situasies wat verskeie emosies kan uitlok, van paniek en angs tot vrees en woede. Dit is egter belangrik om te leer hoe om hierdie emosies te beheer.

“Die fisiese sensasies wat met intense emosionele reaksies geassosieer word, kan ontstellend en selfs pynlik wees. Dit kan ons hulpeloos laat voel en dit moeilik maak om nie op hierdie gevoelens te reageer nie. Dit is egter meestal binne ons vermoë om te bestuur hoe ons ons onsself in hierdie onaangename korttermynscenario’s hanteer,” sê Irini Agathagelou-Klopper, ʼn voorligtingsielkundige by Netcare Akeso in George.

Sy wys daarop dat daar sekere scenario’s is wanneer dit nie aanvaarbaar is om op rou emosie te reageer nie, soos in die werksomgewing. Dit kan jou loopbaan beperk of tot ander langtermynprobleme lei.

“Ons emosies kan ons gedrag voorskryf tensy ons leer hoe om beheer oor ons emosies te herwin en gepas te reageer op krisisse of onwelkome scenario’s wat ons in die gesig staar.”

Agathagelou-Klopper stel die STOP- of TIPP-tegniek voor. “Die STOP-tegniek help jou om net eers tot stilstand te kom en bewustelik beheer oor impulsiewe reaksies te verkry, wat dan meer deurdagte en doelbewuste reaksies in stresvolle situasies moontlik maak.” Dit behels om net eers tot stilstand te kom, ʼn tree terug te neem en te besin, te observeer en dan versigtig voort te gaan.

“In tye wanneer jy voel dat jou emosies vinnig eskaleer, bied die TIPP-tegniek ʼn manier om jou fokus te verskuif en jouself van die onmiddellikheid van die stresvolle situasie te distansieer ten einde weer beheer oor jou emosionele reaksie en jou liggaam te kry.” Die T staan vir temperatuurverkoeling en behels byvoorbeeld om jou gesig met koue water af te spoel. Die I is vir in intense oefening en behels fisieke oefening om energie te verbrand terwyl die eerste P behels om jou asemhalingstempo aan te pas. Die laaste P staan vir progressiewe spierverslapping en dit behels om die spanning in jou liggaam te voel en elke spiergroep bewustelik te ontspan.

“Om die fisiologiese effekte van akute angs met hierdie kalmerende taktieke te onderbreek, kan die emosionele intensiteit van die oomblik vinnig verminder. Dit stel jou in staat om meer kalm en verstandig voort te gaan, eerder as om in die hitte van die oomblik irrasioneel te reageer.”

Solidariteit bied aan lede ʼn gratis aanlyn kursus oor professionele optrede in die werkplek. In hierdie kursus word daar gekyk na werksetiek, integriteit en hoe om goeie menseverhoudinge te ontwikkel.

Wees aan die voorpunt van jou loopbaanontwikkeling. Lees hier meer oor jou eenstopberoepstuiste vir voortgesette leer. Indien jy nog nie ʼn lid van Solidariteit is nie, klik hier om binne ʼn minuut aan te sluit. Klik hier indien jy hierdie kursus wil voltooi of lees hier meer oor hoe jy vir dié kursus kan registreer.

Bemagtig jouself en staan uit bo jou mededingers. Jou toekoms is in jou hande!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel