
Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Kry werk. Gee werk. En beskerm jou werk – met Solidariteit.
Soek jy al maande lank, maar kry net nie werk nie? Of is jy moeg gesukkel met werknemers wat nie by jou werkplek se kultuur inpas nie? Die Solidariteit Werk-platform is jou eenstopplatform vir werksoek en werkgee. En sodra jy werk het, is dit ook jou sleutel tot werkbeskerming.
Deur Leré Nel
By Solidariteit glo ons dat werk nie net ʼn manier is om ʼn inkomste te verdien nie – dit is ʼn manier vir mense om hul roeping uit te leef en ʼn veilige toekoms vir hulself en hul kinders te bou. Ons weet hoe belangrik dit is om nie net ʼn werk te hê nie, maar ook om in daardie werk beskerm te word. Dit is die doel van die Solidariteit Werk-platform: dit is ʼn bymekaarkomplek vir werksoekers én werkgewers, waar die gemeenskap mekaar kan help om werk te kry en mekaar se vaardighede kan benut. Hier gee niemand om oor die kleur van jou vel nie – dis meriete wat tel!
Die Werk-platform is heeltemal gratis – vir beide werksoekers en werkgewers. Ja, jy het reg gelees! Ons wil hê jy moet werk kry, en ons wil ook hê jy moet weet dat jy nie alleen in die proses is nie.
Danksy meer as 3 000 betroubare werkgewers wat tans poste op ons platform adverteer en meer as 100 000 platformgebruikers, groei ons gemeenskap daagliks. Word deel van ʼn netwerk wat bou, ondersteun en beskerm. Want as jy hier werk kry, kry jy meer as net ʼn salaris – jy kry ʼn plek waar jy regtig sal inpas. Boonop stap Solidariteit die pad saam met jou selfs nadat jy werk gekry het. As jy ʼn lid van Solidariteit word, sal jy altyd werkbeskerming hê wanneer jy dit nodig het. Lees hier oor hoe Solidariteit jou in die werkplek kan beskerm.
Solidariteit se werkplatform bied soveel meer as net nuwe werksgeleenthede. Jy kan uitsien na mentorskap, praktiese hulpmiddels en deurlopende ondersteuning – van CV-bou en onderhoudvoorbereiding tot regsadvies en hulp in die werkplek. Gryp die geleentheid aan en neem die eerste stap! Solidariteit onderneem hierdie loopbaanreis saam met jou.
Registreer vandag jou gratis profiel op Solidariteit se werkplatform.
Of jy nou werk soek of ʼn pos wil adverteer – dit is jou plek.
Registreer nou, en ons sal jou help om die regte werk vir jóú te vind.
Word ʼn lid om die volle omvang van werkbeskerming te geniet.
Kry werk. Gee werk. Word beskerm. Word bemagtig.
Jou werk is ons werk.