loading
avatar
Artikels
11 uur gelede
solidariteit-aanlyn-bemagtig-jouself-en-jou-span-met-die-regte-vaardighede

Foto Krediet: Okay Deer

Solidariteit-aanlyn: Bemagtig jouself én jou span met die regte vaardighede

Deur Kyla-Ann du Toit

Het jy al ooit gewonder watter vaardighede jou werklik in die werkplek sal laat uitstaan? In vandag se dinamiese werkomgewing is kwalifikasies slegs die beginpunt. Werkgewers soek nie meer net kennis nie, maar mense wat doeltreffend kan kommunikeer, goed kan saamwerk en uitdagings professioneel kan hanteer. Dit is juis jou sagte vaardighede wat bepaal hoe jy in jou loopbaan groei, geleenthede benut en jouself van ander onderskei.

Solidariteit wil werksoekers én werkgewers met hierdie kernvaardighede bemagtig – vaardighede wat werklik ʼn verskil in die werkplek maak. Daarom is dit belangrik dat werknemers hulself in die volgende drie kernareas ontwikkel:

1. Kommunikasievaardighede

Doeltreffende kommunikasie vorm die grondslag van elke suksesvolle werkplek. Dit beïnvloed hoe jy idees oordra, terugvoer ontvang en verhoudinge bou.

Sterk kommunikasievaardighede beteken dat jy skriftelik duidelik en professioneel kan kommunikeer, mondelings jouself selfversekerd kan oordra, en aktief kan luister om ander beter te verstaan.

Solidariteit se “Kommunikasie in jou werkplek”kursus help jou om hierdie vaardighede prakties toe te pas. Dit is ʼn kort, toeganklike e-leerkursus wat jy binne een dag kan voltooi.

Hierdie kursus kos slegs R500, maar Solidariteit-lede kan dit – saam met nagenoeg 150 ander kursusse – heeltemal gratis voltooi.

2. Konflikbestuur

Konflik is onvermydelik in enige werkomgewing. Die verskil lê egter in hoe dit hanteer word. Swak konflikbestuur kan spanning en produktiwiteitsverliese veroorsaak, terwyl doeltreffende konflikhantering groei en innovasie in ʼn span kan bevorder.

Goeie konflikbestuur vereis emosionele intelligensie, objektiewe probleemontleding, sowel as die vermoë om oplossings te fasiliteer.

Solidariteit se “Gevorderde konflikbestuur-kursus bied ʼn diepgaande benadering tot konflik in die werkplek. Dit rus jou toe om konflik nie net effektief te hanteer nie, maar dit ook as ʼn produktiewe krag binne ʼn span te benut. Hierdie aanlyn kursus strek oor twee weke en fokus op praktiese toepassing en teoretiese insig.

Solidariteit-lede kan hierdie kursus, asook ongeveer 150 ander, gratis voltooi. As jy nog nie ʼn lid is nie kan jy dit teen R2 500 voltooi.

3. Tydsbestuur

Tyd is een van jou waardevolste hulpbronne. Werknemers wat hul tyd doeltreffend bestuur, is meer produktief, minder gestres en kan prioriteite beter hanteer.

Doeltreffende tydsbestuur sluit in goeie beplanning en prioritisering, realistiese doelwitstelling, asook die vermoë om afleidings te beperk en gefokus te werk. Wanneer jy jou tyd reg bestuur, verbeter nie net jou eie prestasie nie, maar ook jou bydrae tot die span en die onderneming as geheel.

Solidariteit se kursus oor tydsbestuur fokus spesifiek op kantoorpraktisyns, maar enige persoon kan daarby baat vind. Die kursus neem slegs een dag om te voltooi.

Hierdie kursus kos slegs R500 om te voltooi, maar Solidariteit-lede kan dit gratis voltooi.

Groei in jou loopbaan danksy die regte vaardighede

Of jy nou ʼn werksoeker is wat in die werkplek wil uitstaan, of ʼn werkgewer wat jou span wil versterk, die ontwikkeling van sagte vaardighede is noodsaaklik.

Danksy Solidariteit se verskeidenheid aanlyn kursusse vir die ontwikkeling van sagte vaardighede, kan jy jouself en jou span doelgerig ontwikkel. Moenie die geleentheid misloop om jou vaardighede maklik en gerieflik te verbeter nie.

Klik hier om vandag nog jou gratis profiel op Solidariteit-aanlyn te registreer en met selfvertroue aan ʼn doelgerigte loopbaan te begin bou!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel