loading
Artikels
2 weke gelede
bemark-jou-besigheid-vir-sukses-by-die-solidariteit-werkgewer-netwerksessie

Foto Krediet: Unsplash - Verskaf

Bemark jou besigheid vir sukses by die Solidariteit Werkgewer-netwerksessie

Op 29 Mei 2025 bied Solidariteit weer ʼn netwerksessievir werkgewers aan – ʼn geleentheid waar jy as werkgewer voelers kan uitsteek en kan uitvind hoe om jou werwingstegnieke na die volgende vlak te neem. Bespreek jou plek hier!


Deur Leré Nel

Die wêreld van werwing het drasties verander. In ʼn mark waar dit al hoe moeiliker raak om die regte kandidaat te vind, is dit nie meer genoeg om net ʼn posadvertensie op ʼn webblad te plaas nie. Jy moet weet hoe om jou advertensie te laat uitstaan – en dit begin by hoe jy jou boodskap en jou besigheid bemark. Daarom wil jy nie die Werkgewer-netwerksessieop 29 Mei misloop nie.

Wat wag op jou by dié praktiese netwerksessie

Hierdie geleentheid is spesiaal ontwerp vir werkgewers, entrepreneurs, menslikehulpbronbestuurders en werwingsagentskappe wat wil leer hoe om digitale hulpmiddels – soos ChatGPT, LinkedIn en ander kunsmatige intelligensie-instrumente – doeltreffend te benut.

Waarom is hierdie sessie belangrik?

Mandy-Michelle Thackwray, Bestuurder van Solidariteit Werk, verduidelik: “Standaard posadvertensies is nie meer voldoende om goeie kandidate te lok nie. Werksoekers wil voel dat hulle met die maatskappy kan identifiseer vanaf die oomblik wat hulle oorweeg om vir ʼn werksgeleentheid aansoek te doen. Ons moet ook die jonger generasie in ag neem – veral as ons poste aan hulle bemark.”

Thackwray lê klem op die volgende:

  • • As werkgewer kompeteer jy daagliks met honderde ander posadvertensies.
  • • Jou teikenmark gaan nie op ʼn vaal, generiese advertensie reageer nie.
  • • Baie besighede doen nie genoeg moeite met die regte bemarking of taalgebruik nie – en verloor daarom waardevolle kandidate.

“As jy die beste kandidate wil lok, moet jy ordentlike, duidelike posadvertensies plaas!

Wat kan jy by die sessie verwag?

  1. 1. Leer hoe om ChatGPT en ander KI-instrumente doeltreffend te gebruik
    Ons wys jou hoe om verpersoonlikte, relevante en doeltreffende advertensies en veldtogte te skep wat aanklank by jou ideale kandidaat vind.
  2. 2. LinkedIn en ander digitale platforms
    Leer hoe om sosiale media te benut om jou besigheid se sigbaarheid te verhoog en jou werwingstrategie vir die digitale era aan te pas.
  3. 3. Praktiese wenke en voorbeelde
    Leer tegnieke wat jy dadelik kan implementeer – van die skryf van beter opskrifte tot die skep van geteikende kommunikasie.
  4. 4. Netwerk met ander besluitnemers
    Bou verhoudings met medewerkgewers en kry vars perspektiewe oor suksesvolle werwingstrategieë.

Besonderhede van die netwerksessie:

Plek: Sowel As Koffiehuis, Leriba-koshuis, Akademia
Tyd: 29 Mei 2025, van 14:00 tot 16:00

Bespreek jou plek vandag: Klik hier!
Laat jou besigheid uitstaan en begin slim werf. Benut hierdie gratis geleentheid en bespreek jou plek vandag nog!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel