loading
Artikels
23 uur gelede
solidariteit-se-werkfasiliteringsplatform-werk

Foto Krediet: Gustavo Fring via Pexels

Solidariteit se werkfasiliteringsplatform WERK!

Sedert die loodsing van Solidariteit se werkfasiliteringsplatform is daar al baie bereik en dit hou elke dag aan met groei. Lees gerus verder om statistieke te sien wat die vordering van  hierdie platform toon!


Deur Leré Nel

Die huidige ekonomie maak die soeke na werk beslis nie maklik nie. Sedert die loodsing van Solidariteit se werkfasiliteringsplatform in September 2023 het dié platform ʼn tasbare verskil in die Afrikaanse werkgemeenskap gemaak. Hier volg lekker statistiek sodat jy die ware verhaal kan sien!

ʼn Bymekaarkomplek vir werksoekers en werkgewers

Sedert September 2023 is daar reeds 9 881 poste op die platform geplaas. Dit beteken dat duisende werkgewers aktief op soek is na Afrikaanse talent. Daar is tot dusver ʼn totaal van 63 273 aansoeke op poste ingedien.

Die belangstelling onder werksoekers is duidelik. Met 12 821 CV’s wat reeds op Solidariteit gelaai is, groei hierdie netwerk van Afrikaanse talent daagliks. Boonop het 51 697 gebruikers aktief op poste gekliek sedert die loodsing van die platform – dit wys dat mense nie net hulle profiel registreer nie, maar aktief soek na werk.

Werkgewers vertrou die stelsel

Met 3 206 geregistreerde werkgewers, waarvan die meerderheid werwingsagentskappe is wat spesifiek vir Afrikaanse werknemers soek, is dit duidelik dat die platform ook vir werkgewers waarde inhou. Werkgewers sien die potensiaal om goeie, betroubare kandidate te vind wat by die waardes en kultuur van hulle werkplek inpas.

Verder is daar al 12 897 maatskappyprofiele deur werksoekers besigtig – dit toon dat mense hulle maatskappye op Solidariteit laai en so meer kan netwerk. Die meeste poste kom tans uit Gauteng, met die Wes-Kaap in die tweede plek. Daar is egter werkgeleenthede regoor Suid-Afrika beskikbaar.

Die waarde vir jongwerkendes

Solidariteit se werkfasiliteringsplatform is ideaal vir jong mense en nuwelinge op die arbeidsmark. Daar is reeds 951 internskappe geadverteer – ’n waardevolle wegspringplek vir jong mense en nuut gegradueerdes wat werkservaring benodig. Dit wys dat Solidariteit nie net bestaande loopbane ondersteun nie, maar ook nuwe loopbane help vestig.

Een van die kategorieë waarin die meeste aansoeke ontvang word, is administratiewe poste – ’n aanduiding van die groot vraag na hierdie tipe werk, maar ook van die wye reeks werksgeleenthede wat beskikbaar is op die platform.

Die bewyse lê in die deelname

Hoewel elke individu se werksreis uniek is, toon die statistiek dat Solidariteit ’n dinamiese en groeiende platform is wat sy kant bring om die speelveld gelyk te maak. Dié gratis werkfasiliteringsplatform maak seker dat elkeen wat wil werk, kan werk, en goed kan werk.

As jy werk wil kry op grond van meriete en niks anders nie, is hierdie die platform vir jou. Dis gratis. Dis effektief. Dit ís nog moontlik om op meriete werk te kry in Suid-Afrika. Of jy nou werk soek of goeie werknemers wil aanstel – Solidariteit se werkfasiliteringsplatform is beslis die plek vir jou. Skep vandag nog jou gratis profiel!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel