loading
Artikels
6 dae gelede
bela-jou-kinders-se-toekoms-is-op-die-spel

Foto Krediet: OkayDeer

BELA: Jóú kinders se toekoms is op die spel!

Die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Bela) gaan jou kind se skool soos jy dit ken, onherroeplik verander! Indien die wetsontwerp goedgekeur en geïmplementeer word, gaan jy nie meer beheer hê oor die taal waarin jou kind onderrig word nie, of selfs die geloof wat die waardes van die skool onderskryf nie. Boonop gaan alle beheerliggaam- besluitnemings vanuit regeringskantore beheer word. Kyk maar net na die skoleplasingsdrama as ’n voorskou van wat jy te wagte kan wees sou die drakoniese Bela-wetgewing aanvaar word.

“Die staat se betrokkenheid by die bestuur van ʼn skool moet juis tot die minimum van wetlike aanspreeklikheid beperk word. Met die Bela-wetsontwerp word ʼn belangrike grondwetlike beginsel oortree, en eien die staat homself bevoegdhede en funksies toe wat nié ingevolge die Grondwet aan hulle opgedra is nie,” sê dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit.

Die Departement van Basiese Onderwys is reeds berug vir hul gebrek aan ondersteuning, en hulle doen reeds nie die werk wat aan hulle toegedeel is nie. Nog ’n groot bekommernis is dat staatsamptenare in hierdie regeringsposisies nie die werklike behoeftes van ʼn skool en die gemeenskap wat deur die skool bedien word, in ag sal neem wanneer besluite oor taal-, geloof- en toelatingsbeleide geneem word nie. Ons kan nie toelaat dat ons Afrikaanse funksionerende skole verbrokkel word tot wanbestuurde, disfunksionele, staatsbeheerde skole nie.

“Dit gaan oor ons kinders, en daarom het elkeen van ons ʼn plig om die Bela-wetsontwerp te beveg en op te staan vir ons kinders se onderwys en vorming. Solidariteit kan dus formeel aankondig dat ons die wetgewing ter wille van ons kinders in die hof sal beveg,” sê Hermann.

Gaan jy as ouer toelaat dat:

  • –           die skool wat jy vir jou kind gekies het, deur ‘n minister bestuur word?
  • –           jou kind se taal-, geloof- en skooltoelatingsbeleide deur die regering gereguleer word?
  • –           jou beheerliggaam van sy magte om besluite te neem, gestroop word?

Solidariteit staan stewig in die geveg teen dié kaping van skole. Solidariteit het reeds vir die belang van ouers, kinders en onderwysers ingetree met ons voorlegging aan die Nasionale Raad van Provinsies (NRP). Ons het ook ons stem dik gemaak by die Gautengse Departement van Onderwys (GDO) se openbare verhoor, en ons gebruik elke geleentheid om Bela in sy spore te stop.

Die bedreiging wat dit vir onderwysers en Afrikaanse skole inhou, is skrikwekkend! Die tyd het nóú aangebreek om jou stem dik te maak hieroor! Bombardeer president Ramaphosa se inboks hier met jóú beswaar.


Jou stem het binne 48 uur ʼn direkte aanval op Afrikaanse onderwys stopgesit!

Pres. Cyril Ramaphosa gaan nie die artikels oor die taal- en toelatingsbeleid in die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Bela) in werking stel nie.

Die stryd teen die gewraakte Bela is egter nog nie verby nie.

Ouers, onderwysers en lede van die Afrikaanse gemeenskap, dit is nóú tyd om teen dié vergryping op te staan!

Bombardeer president Ramaphosa se inboks hier met jóú beswaar.

Klik hier en sê jou sê!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel