loading
Artikels
1 maand gelede
belangrikheid-van-voorgesette-leer

Foto Krediet: OkayDeer

Belangrikheid van Voortgesette Leer

Deur Maryna Eksteen

Solidariteit lei sy lede op deur voortgesette leer tot hulle beskikking te stel. Hulle wil gemeenskappe bemagtig en weer opbou sodat Afrikaners blywend in Suid-Afrika kan voortbestaan.

Verandering vind gedurig plaas, en daarom verstaan Solidariteit dat dit eintlik sinneloos is om, soos ander vakbonde oor die wêreld heen, teen die gety van verandering te probeer swem. Dit is eerder belangrik om tred te hou met verandering en dit selfs vooruit te loop.

Hier volg ses redes waarom voortgesette leer so belangrik is:

  1. 1. Jy is altyd een tree voor jou mededingers – Deur op hoogte te bly van die nuutste neigings in jou beroep kan jy jou vaardighede daarvolgens aanpas. Om sodoende altyd een tree voor jou mededingers te wees. Om doeltreffend te funksioneer in hierdie vinnig veranderende wêreld van tegnologie, moet jy nuwe dinge leer om relevant te bly.
  2. 2. Voortgesette leer maak jou aanpasbaar – Dit kan soms uitdagend wees om weens ʼn gebrek aan vaardighede deur onverwagte veranderinge te moet gaan. Danksy voortgesette leer kan jy egter altyd voorbereid wees. Deur te bly leer, sal jy makliker uit jou gemaksone kan beweeg en nuwe werksgeleenthede kan aanpak.
  3. 3. Verbeter jou profiel – As jy voortdurend leer, sal jy jouself voortdurend verbeter en in jou loopbaan vorder. Jy sal ook positiewe aanbevelings van kollegas en bestuurders ontvang. Dit is waarskynlik dat jy gedurende jou loopbaan ʼn hele paar keer van werk sal verander en jy moet nuwe vaardighede verwerf om daarby aan te pas.
  4. 4. Dit bou jou selfvertroue – Om nuwe dinge te leer skep ʼn gevoel van prestasieby ons, wat op sy beurt ons selfvertroue in ons eie vermoëns verhoog. Jy sal ook meer gereed voel om uitdagings en nuwe geleenthede aan te pak.
  5. 5. Dit ontlok/ontgin nuwe idees – Die aanleer van nuwe vaardighede sal nuwe geleenthede ontlok en jou help om innoverende oplossings vir probleme te vind.
  6. 6. Dit verander jou perspektief – Voortgesette leer open jou gees en verander jou houding deur voort te bou op dít wat jy reeds weet. Hoe meer jy leer, hoe meer sal jy na albei kante van die muntstuk kan kyk.

“Daar is net een antwoord vir lewenslange verandering. Dit is lewenslange leer.” – Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging

Word deel van jou aanlyn werkgemeenskap waar meer as 60 kursusse tot jou beskikking is. Die meeste kursusse van die kursusse is gratis vir Solidariteit-lede. Klik hier om te sien hoe jy vir jou beroepspesifieke kursus kan inskryf. #RaakTuis by Solidariteit waar jy beskerm en bemagtig kan word.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel