loading
Artikels
1 week gelede
bemagtig-jou-matriekkind-met-hierdie-belangrike-lewensvaardighede

Foto Krediet: OkayDeer

Bemagtig jou matriekkind met hierdie belangrike lewensvaardighede

Deur Karen Waldeck

Die matriekjaar is ʼn jaar van vreugde, spanning en die belofte van ʼn nuwe begin vir sowel ouers ás kinders. Terwyl matrikulante hulle voorberei om die skoolbanke te verlaat, is daar ʼn wêreld vol geleenthede wat op hulle wag – maar daar is ook ʼn paar uitdagings. Dit is hier waar ouers ʼn belangrike rol speel: om hul kinders te help om die regte lewensvaardighede aan te leer wat hulle volwasse lewe makliker gaan maak.

As ouer wonder jy dalk: Wat moet my kind weet om die oorgang na die volwasse lewe te maak? Hier volg ʼn paar praktiese vaardighede wat onontbeerlik is vir jong mense wat op die drumpel van ʼn nuwe hoofstuk staan.

1. Finansiële bestuur: wyse geldbestuur

Van die eerste salaris tot studentelenings en kredietkaarte – finansiële verantwoordelikheid begin by begrip. Leer jou kind:

  • Hoe om ʼn begroting op te stel: Begin met ʼn eenvoudige lys van inkomste en uitgawes. Help hulle om prioriteit aan noodsaaklikhede te gee, soos huur en kos, voordat hulle aan luukshede dink.
  • Die belangrikheid van spaargeld: Stel die konsep van ʼn noodfonds bekend. Selfs ʼn klein bedrag wat elke maand weggesit word, maak mettertyd ʼn groot verskil.
  • Vermy skuld: Verduidelik hoe skuld, soos kredietkaarte of onnodige lenings, hulle toekoms kan beïnvloed as dit nie slim bestuur word nie.

Wil jou kind meer leer oor finansiële bestuur? Kyk na die nuttige video’s op Solidariteit se webtuiste onder My Hoërskoolpad hier. Hierdie hulpmiddels is spesifiek ontwerp om jong mense se begrip van geldsake en hulle toekomstige verantwoordelikhede te verbeter.

2. Tydbestuur: Laat elke minuut tel!

Wanneer jong mense die vryheid van die volwasse lewe begin ervaar, kan tyd maklik verlore raak weens dinge wat hulle aandag aflei. Stel jou kind bekend aan:

  • Effektiewe tydbeplanning: ʼn Dagboek of ʼn digitale app kan help om klas-, werk- en ontspanningsroosters te balanseer.
  • Stel prioriteite: Leer jou kind om tussen dringende en belangrike take te onderskei.
  • Vermy uitstel: Dit maak dit soveel makliker vir jou as jy ‘n taak betyds afhandel en jy jou nie hoef te haas om die wenstreep te haal nie.

Danksy die tydbestuurvaardigheid kan jong mense makliker aanpas by die universiteitslewe of ʼn eerste werk waar selfdissipline die sleutel tot sukses is. Onthou altyd dat kinders leer deur wat hulle sien jy doen.

3. ʼn Gebalanseerde leefstyl en selfversorging

Die volwasse lewe gaan oor meer as net werk en finansies. Om fisiek en emosioneel gesond te bly, is noodsaaklik. Hier is wat jou kind moet weet:

  • Basiese kosmaakvaardighede: Dit hoef nie moeilik te wees om ʼn gesonde ete voor te berei nie. Wys jou kind hoe om eenvoudige en bekostigbare etes voor te berei.
  • Wasgoed was en skoonmaak: Dit klink na ʼn basiese taak, maar hierdie vaardighede bou selfstandigheid.
  • Hoe om emosionele welstand te koester: Bespreek hoe belangrik dit is om gesonde verhoudinge te bou, stres te bestuur en tyd vir rus en ontspanning te maak.

Hierdie dinge mag alledaags klink, maar hulle lê die fondasie vir selfstandige volwassenheid.

Die My Hoërskoolpad-reeks van Solidariteit is ʼn uiters waardevolle hulpmiddel vir ouers en kinders. Hierdie video’s dek temas wat help om die oorgang van skool na die volwasse lewe makliker te maak. Of dit gaan oor loopbaanbeplanning of die hantering van werksdruk –Solidariteit stap hierdie pad saam met julle.

Gee jou kind ʼn voorsprong

Die oorgang na die volwasse lewe kan uitdagend wees, maar danksy die regte ondersteuning en vaardighede kan jou kind floreer. Wat doen julle om daarvoor voor te berei? Begin nou deur as ouer met jou kind saam te werk om die vaardighede wat hulle benodig, aan te leer.

Solidariteit is daar om hierdie proses naatloos te maak en ʼn duidelike pad na ʼn blink toekoms aan te dui.

Jou kind se sukses begin vandag – en jy speel ʼn groot rol in dié reis! Skep jou profiel op Solidariteit. Dit is hier waar jy toegang tot die gratis “My Hoërskoolpad”videoreeks kan kry.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel