loading
Artikels
1 week gelede
wat-het-ons-hoerskoolkinders-regtig-nodig-solidariteit-vra-jou-insette

Foto Krediet: OkayDeer

Wat het ons hoërskoolkinders regtig nodig? Solidariteit vra jóú insette!

Solidariteit het ʼn navorsingsveldtog van stapel gestuur om ouers en onderwysers se insigte oor hoërskoolleerders se akademiese, sosiale en geestelike welstand in te samel. Die doel is om praktiese oplossings te vind vir die uitdagings wat leerders in skole ervaar, asook om ondersteuning meer toeganklik en doeltreffend te maak. Lees hier meer oor die navorsingsveldtog en hoekom jy daaraan moet deelneem.


Deur Ané Janse van Rensburg

Elke ouer en onderwyser weet – ons kinders staan voor groot uitdagings. Dit is hoekom Solidariteit weer ʼn belangrike navorsingsveldtog loods om uit te vind wat hoërskoolleerders regtig nodig het om nie net deur skool te kom nie, maar om regtig goed te kan presteer – akademies, sosiaal én geestelik.

Hierdie kort vraelys neem net vyf minute om te voltooi, maar die impak daarvan strek veel verder. Die doel is om akkurate data in te samel oor die uitdagings wat leerders beleef, die kommunikasie tussen ouers en onderwysers, en die tipe ondersteuning wat werklik werk – hetsy aanlyn, in-persoon, of ’n kombinasie van beide.

En wie weet beter as júlle wat in die klaskamer aangaan?

Solidariteit wil nie net raai wat skoliere vandag nodig het nie, ons wil hoor wat werklik nodig is, en dan doelgerigte projekte van stapel stuur wat ʼn verskil maak – waar dit saak maak. Jou antwoorde sal help om hulpbronne te ontwikkel wat ouers én onderwysers bemagtig om kinders beter te ondersteun.

Die vraelys fokus op drie areas: die welstand van leerders; die kommunikasie tussen ouers, leerders en onderwysers; en die voorkeure vir ondersteuningsmiddels.

Deur jou insette te deel, help jy om praktiese oplossings te vind wat regtig saak maak. Solidariteit gebruik die insigte uit hierdie veldtog om projekte en strukture te bou wat ondersteunend en volhoubaar is – vir leerders, ouers én onderwysers.

Neem deel aan die navorsing en deel jou mening hier: Vraelys

Jou deelname is ʼn belegging in ʼn sterker onderwysstelsel en ʼn beter toekoms vir ons kinders.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel