loading
Artikels
1 week gelede
hoe-jou-betrokkenheid-jou-kind-se-toekoms-bou

Foto Krediet: OkayDeer

Hoe jou betrokkenheid jou kind se toekoms bou

Jou rol as ouer het ʼn diepgaande impak op jou kind se sukses en loopbaan. Ja, bloot deur jou betrokkenheid en teenwoordigheid kan jy ʼn reuseverskil in jou kind se lewe maak. Lees gerus hierdie artikel om meer hieroor uit te vind.


Deur Liza Joubert

Ouerskap is een van die belangrikste faktore in ʼn kind se akademiese prestasie, en pósitiewe ouerskap is ʼn bepalende faktor in ʼn kind se opvoedkundige sukses. Wanneer ouers betrokke is, nie net in hul kinders se akademiese lewe nie, maar ook in hul emosionele en sosiale ontwikkeling, word ʼn stewige fondasie vir prestasie en selfvertroue geskep.

Positiewe ouerskap behels ʼn ondersteunende, betrokke en motiverende benadering tot kinders se opvoeding en ontwikkeling. Dit beteken dat ouers aktief na hul kinders luister, hul suksesse erken en ʼn omgewing skep wat leer aanmoedig. Positiewe ouerskap verskil van die geneigdheid om te veel te wil beheer aan die een kant, of ʼn gebrek aan betrokkenheid aan die ander, aangesien positiewe ouerskap eerder op ʼn balans tussen ouerleiding en die kind se selfstandigheid fokus.

Die invloed van positiewe ouerskap op akademiese prestasie

Kinders wie se ouers ondersteunend en betrokke by hulle is, is geneig om beter akademiese uitslae te behaal. Daar is ʼn positiewe verband tussen ouerbetrokkenheid en akademiese prestasie, veral in Wiskunde en wat kinders se leesbegrip betref. Ouers wat ʼn positiewe opvoedingsbenadering volg, help kinders om hul akademiese uitdagings beter te hanteer en om ʼn groter mate van akademiese sukses te behaal.

Hier is sleutelaspekte waarmee positiewe ouerskap ʼn verskil maak:

  1. 1. Groter selfvertroue en meer motivering – Kinders wat positiewe aanmoediging by die huis ontvang, is geneig om meer gemotiveerd in hul akademiese werk te wees. Hulle het ʼn hoër mate van selfvertroue en glo in hul vermoë om uitdagings te oorkom.
  2. 2. Beter studiegewoontes – Ouers wat gestruktureerde roetines vestig en studietyd aanmoedig, help hul kinders om dissipline en tydsbestuurvaardighede te ontwikkel.
  3. 3. Sterker probleemoplossingsvaardighede – Kinders wat weet dat hul ouers hulle emosioneel en akademies ondersteun, is meer geneig om kreatiewe oplossings vir probleme te vind en volharding in moeilike situasies te toon.
  4. 4. Minder akademiese stres – Kinders wat positiewe emosionele ondersteuning van hul ouers ontvang, ervaar minder angs en stres rondom hul studie.

Solidariteit se Skoliere- en Studente-aanbod bied verskeie hulpmiddels wat ouers in hul betrokkenheid by hul kinders se akademiese reis kan ondersteun. Dit sluit mentorskapprogramme, aanlyn kursusse en opvoedkundige hulpbronne in. Die belangstellingsbepaler op Solidariteit is byvoorbeeld ʼn nuttige hulpmiddel om ouers te help om hul kinders se sterkpunte te identifiseer en toekomstige loopbaankeuses te rig.

Ouers speel ʼn kardinale rol in hul kinders se akademiese sukses. Deur positiewe ouerskap toe te pas, kan ouers nie net hul kinders se skoolprestasie verbeter nie, maar ook hul selfvertroue en toekomsvooruitsigte versterk. Deur gebruik te maak van ondersteuningsbronne soos dié wat Solidariteit bied, kan ouers ʼn blywende positiewe impak op hul kinders se opvoeding en loopbaanvoorbereiding hê.

Solidariteit se Skoliere-aanbod is gratis en help skoliere om ʼn sukses van hul skooljare te maak en dit ondersteun ouers om ʼn sterk fondasie te bou waarop hul kind sy/haar loopbaan kan bou. Klik hier om meer van Solidariteit se Skoliere-aanbod te lees en klik hier om ʼn profiel te skep en sommer vandag nog jou kind te bemagtig.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel