
Foto Krediet: Solidariteit
Gekopieër
Bemagtig jouself met kennis oor kortverkope
Die hart van verkope en veral kortverkope is die vermoë om ʼn verhouding met kliënte op te bou, kliënte te inspireer en te oortuig om herhaaldelik te koop. Solidariteit glo dat elkeen wat wil werk, moet kan werk, en daarbenewens goed moet kan werk. Met afstandsonderrig kan lede hulself bemagtig om bo hul mededingers in verkope uit te staan.
Solidariteit bied ’n interaktiewe kursus aan wat handel oor kortverkope. Wêreldwyd is die verkoopsarena uiters mededingend. Aggressiewe mededinging word gedryf deur die gebruik van slimtegnologie in verkope asook die versnelde en aanhoudende verbetering van bestaande oplossings en die innovasie om met nuwe oplossings vorendag te kom. Bemarkings- en verkoopstrategieë is nou, meer as ooit tevore, van kardinale belang.
Resultaatgedrewe kortverkope:
• Wat behels kortverkope?
• Verkoopproses
• AIDCA-metode en verkoopgedrag
• Verkoopwenke en selfontwikkeling
Indien jy hierdie kursus wil voltooi, kan jy sommer hier klik, of volg hierdie skakel om jou kennis oor langverkope te toets. Met Solidariteit is jy nooit alleen nie. Ons stap elke tree op jou loopbaanpad saam met jou.
#RaakTuis by Solidariteit en ontdek jou volle potensiaal. Klik hier om meer oor Solidariteit se Kommunikasie- en Bemarkingsnetwerk uit te vind, of lees hier meer oor hoe jy vir voortgesette leer kan inskryf.
Jou toekoms is in jou hande.