
Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Klerkskap 101: Verstaan arbeidsreg prakties
As jy ʼn finalejaar-regstudent of ʼn eerstejaarsklerk is wat pas jou loopbaan begin het, is daar een regsgebied waarmee jy byna gewis in aanraking gaan kom – arbeidsreg. Skakel in by Solidariteit se derde #Klerkskap101-webinaar op 22 Mei 2025 om 17:30 om jouself voor te berei vir hierdie belangrike deel van jou beroep!
Deur Leré Nel
As ʼn finalejaar-regstudent of eerstejaarsklerk word jy hartlik na Solidariteit se gratis #Klerkskap101-webinaar uitgenooi: Van klerk na kundige: Bou voort en verstaan arbeidsreg prakties!
Die aanbieder
Dana Grové, ʼn regskenner met sewe jaar se ervaring in arbeidsreg, bied hierdie webinaar op 22 Mei 2025 om 17:30 aan. Grové het ʼn nagraadse kwalifikasie in arbeidsreg van die Universiteit van Pretoria, spesialiseer in geskilbeslegting en werk daagliks met werkgewers en werknemers aan arbeidsgeskille.
Wat jy van die sessie kan verwag
Die webinaar sal die volgende temas bespreek:
- • Praktiese insigte oor dissiplinêre prosesse – van aanklagbriewe en kennisgewings tot uitkomste
- • ʼn Stap-vir-stap-verduideliking van die funksionering van die KVBA (Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie)
- • Die “Con-arb”-proses: Hoe werk dit, hoe verskil dit van ander arbitrasieprosesse, en watter rol speel jy as regsverteenwoordiger?
- • Duidelikheid oor wanneer jy as klerk iemand mag verteenwoordig, insluitend die toepaslike grense en reëls
- • Voorbeelde van praktiese dokumente: soos skikkingsooreenkomste, verdedigingsresponse en klagstate.
Waarom jy dié webinaar nie kan misloop nie
Volgens Émil Glas, organiseerder van die Solidariteit Regsnetwerk, het eerstejaarsklerke dikwels nie praktiese ervaring nie. “Die #Klerkskap101-webinaarreeks is ontwerp om jou te help groei van ʼn onsekere beginner tot ʼn selfversekerde regspraktisyn,” verduidelik Glas. “Jy word nie net deel van ʼn netwerk van jong regslui nie, maar jy kry ook eerstehandse toegang tot inhoud wat normaalweg eers ná jare se ondervinding beskikbaar is.”
Die slypskoolreeks rus jou verder toe met:
- • regsadministrasie-opleiding, insluitend CaseLines en Court Online
- • konsultasietegnieke en basiese saakontleding
- • wenke vir professionele regsskryfwerk
- • gouereëls en etiek in die regspraktyk.
Skryf nou in!
Moenie wag totdat jy voor ʼn KVBA-verhoor staan en wonder wat om te doen nie. Registreer vir hierdie praktiese, interaktiewe aanlyn sessie en skop jou loopbaan met selfvertroue af.
Datum: 22 Mei 2025
Tyd: 17:30
Koste: Aanlyn | Gratis
Klik hier om in te skryf.
Die regsberoep beweeg teen ʼn vinnige pas – hou tred met #Klerkskap101.