loading
Artikels
1 dag gelede
help-joukind-om-slim-vakkeuses-te-maak

Foto Krediet: Solidariteit

Help jou kind om slim #Vakkeuses te maak

Vakkeuses is ʼn belangrike fase in jou kind se opvoedkundige en loopbaanreis. Jy hoef dit egter nie alleen aan te pak nie! Solidariteit bied op 22 Mei 2025 ʼn gratis, praktiese #Vakkeuse-webinaar aan om ouers en leerders te help om ingeligte besluite op grond van belangstellings, aanleg en beroepsmoontlikhede te maak. Danksy die kundigheid van opvoedkundige sielkundige Elana Kriel, sal ouers toegerus word om hul kinders met selfvertroue deur hierdie fase te lei. Lees hier meer oor die webinaar en waarom jy dit moet bywoon.


Deur Kyla-Ann du Toit

Hoe weet jy of jou graad 9-kind op die regte pad is? Hoe kan jy seker wees dat jou kind die regte vakke vir hul toekoms gaan kies? Dit is ʼn belangrike tyd in jou kind se lewe, maar Solidariteit se Skoliere-aanbod is hier om die proses vir julle sommer baie makliker te maak!

Solidariteit, in samewerking met Akademia, Sol-Tech en Bo-Karoo Opleiding, bied op 22 Mei 2025 om 19:00 ʼn praktiese #Vakkeuse-webinaar aan wat jou en jou kind met hierdie onsekerheid sal help en al julle vrae sal kan beantwoord.

Wat gaan in die webinaar bespreek word?

Elana Kriel, ʼn ervare opvoedkundige sielkundige, gaan ouers en graad 9-leerders help om:

  • • die verskil tussen belangstelling en aanleg te verstaan;
  • • te leer hoe om vakke te kies wat ooreenstem met jou kind se sterkpunte en loopbaandrome; en
  • • insig te kry oor beroepsbeplanning en toekomstige werksgeleenthede.

Elana het uitgebreide ervaring in onderwys, terapeutiese ondersteuning en loopbaanvoorligting – sy bied praktiese insig en het ʼn passie vir die begeleiding van jong mense en ouers.

Waarom moet jy en jou kind die webinaar bywoon?

Vakkeuses is nie bloot nóg ʼn stap in ʼn kind se skoolloopbaan nie – dit is ʼn besluit wat jou kind se loopbaan kan bepaal. Wanneer jou kind vakke slim kies, help dit om hulle te motiveer en selfvertroue te bou; duidelikheid oor toekomsrigtings te bied; en realistiese, haalbare droomberoepe na te streef.

Die webinaar is dus ʼn gulde geleentheid vir ouers om ingelig te wees oor die verskillende vakke en aktief betrokke by hul kind se vakkeuses te wees.

Hoe werk dit?

  1. 1. Registreer vir die gratis webinaar deur ʼn kort vorm in te vul. Bespreek jou plek hier.
  2. 2. Skep ʼn gratis Solidariteit-profiel om toegang tot die webinaar te kry.
  3. 3. Skakel op 22 Mei om 19:00 by die webinaar in en wees deel van ʼn gesprek wat jou kind se toekoms kan vorm.

Begin vandag aan jou kind se toekoms bou

  1. 1. Kyk ons #Vakkeuse-video’s: Kry ʼn oorsig van beskikbare vakke en wat jou kind in elkeen gaan leer. Kyk die video’s hier.
  2. 2. Voltooi Solidariteit se Belangstellingsbepaler: Klik hier en identifiseer jou kind se belangstellings.
  3. 3. Laai Akademia se vakkeusegids af: Gebruik hierdie gids om die regte vakke te kies en beroepe te oorweeg. Laai die gids hier af.
  4. 4. Berei vrae voor en woon die webinaar by.
  5. 5. Raadpleeg ʼn loopbaanvoorligter ná afloop van die webinaar. Klik hier vir meer inligting.

Moenie hierdie geleentheid misloop nie! Dit is gratis, prakties, interaktief en spesifiek gerig op jou kind se belangrike vakkeuses. Bou aan jou kind se toekoms – een vak op ʼn slag!

Stuur gerus ʼn e-pos na skolier@solidariteit.co.za vir enige navrae.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel