loading
Artikels
2 dae gelede
brandveiligheid-in-die-klaskamer-wees-voorbereid-wanneer-dit-regtig-saak-maak

Foto Krediet: Duncan Oluwaseun via Pexels

Brandveiligheid in die klaskamer: Wees voorbereid wanneer dit regtig saak maak

Niemand verwag ooit dat ʼn brand in hul skool of klaskamer sal uitbreek nie – maar as dit wel gebeur, is voorbereiding noodsaaklik. In ʼn brandnoodgeval kan jou reaksie die verskil tussen paniek en beheer beteken. Daarom is Solidariteit se nuwe Brandbestrydingkursus vir onderwysers nou op die aanlyn leerplatform beskikbaar.


Deur Leré Nel

As onderwyser vervul jy verskeie rolle: opvoeder, mentor, leier – maar jy is ook die enigste volwassene in die klaskamer wanneer ʼn noodgeval, soos ʼn brand, opduik.

Solidariteit se praktiese Brandbestryding-e-leerkursus is ontwerp om jou te help verstaan hoe brande ontstaan en watter stappe om te neem om jouself én jou leerders te beskerm. Dit is ʼn noodsaaklike hulpmiddel vir enige onderwyser wat klaskamerveiligheid ernstig opneem.

Wat leer die kursus jou?

  • Die basiese elemente van vuur en hoe brande ontstaan
  • Verskillende soorte brande en die gepaste blusmetodes (nee, water is nie altyd die oplossing nie!)
  • Veiligheidsprosedures tydens ʼn brand
  • Hoe om kalm te bly en verantwoordelik op te tree onder druk
  • Jou rol as onderwyser in ʼn noodsituasie – met die fokus op leerderveiligheid

Hierdie kursus rus jou toe met die nodige kennis om vinnig, veilig en doeltreffend op te tree as daar ʼn brand uitbreek – en jy kan dit op jou eie tyd en op enige plek voltooi.

Kursusbesonderhede

Die kursus is aanlyn beskikbaar op Solidariteit se leerplatform. Dit neem ongeveer vier dae om te voltooi en jy kan op jou eie tyd daardeur werk. Die koste beloop R1 250 vir nie-lede, maar is gratis vir Solidariteit-lede.

Wie sal by hierdie kursus baat vind?

  • Laerskool- en hoërskoolonderwysers, en skoolpersoneel
  • Kleuterskool- en nasorgpersoneel
  • Enigiemand in ʼn toesighoudende rol oor kinders

Die kursus is ideaal vir enige opvoeder wat hul paraatheid wil verbeter en verantwoordelikheid vir die veiligheid van hul leerders wil neem.

Wat sê opvoeders wat die Brandbestrydingkursus voltooi het?

“Die kursus verduidelik die gebruik van brandblussers baie goed – met praktiese voorbeelde en duidelike riglyne. Ek weet nou presies watter blusser om in watter situasie te gebruik.”

“Ons skoolpersoneel doen elke twee jaar ʼn brandbestrydingskursus, en hierdie een was besonders goed saamgestel en maklik om te gebruik. Die feit dat dit in Afrikaans beskikbaar is, word ongelooflik waardeer!”

“Die kursus dek die basiese maatreëls wat onderwysers moet ken om vinnig en doeltreffend te reageer. Dit herinner jou ook hoe belangrik dit is om die skool se ontruimingsplan goed te ken, leerders in te lig en die brandveiligheidstoerusting gereeld na te gaan.”

Skryf só vir die kursus in:

  1. Skep ʼn profiel op www.solidariteit.co.za
  2. Koppel jou lidmaatskap
  3. Klik op Leer
  4. Soek vir Brandbestryding
  5. Klik op “Woon hierdie kursus by” en begin dadelik!

Meer inligting oor hoe die registrasieproses werk, is hier beskikbaar: Registreer  só vir voortgesette leer​.

Tree met sekerheid op

Danksy Solidariteit se Brandbestrydingkursus is jy nie net ʼn opvoeder nie, maar ook ʼn beskermer. Leer hoe om met selfvertroueop te tree wanneer elke sekonde tel – en doen dit alles gratis as jy ʼn Solidariteit-lid is.

As jy nog nie ʼn lid is nie, sluit vandag nog aan en ontsluit ʼn wêreld van opleiding, beskerming en loopbaanontwikkeling: Word ʼn lid.

Ontwikkel jou vaardighede. Bou jou toekoms. Beskerm jou klas.
Raak betrokke by Solidariteit – jou eenstopplek vir werk én leer.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel