
Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Sosiale Media vir Skole: Inhoud en Beïnvloeders
Deur Nico Strydom
Die koms van sosiale media en beïnvloedersbemarking bied groot geleenthede vir skole om hul bemarking kostedoeltreffend en redelik maklik na ʼn volgende vlak te neem.
Skole bevind hulself in ʼn baie mededingende omgewing, maar met goeie en geteikende bemarking kan jy sorg dat jou skool bo die res uitstaan.
Solidariteit bied ʼn kursus aan wat deur Lara Erasmus, assistentprojekbestuurder en inhoudsredakteur van Afrikaans.com, aangebied word. In hierdie kursus jy sal leer hoe om sosiale media optimaal te benut, hoe om inhoud te prioritiseer, asook hoe om van beïnvloedersbemarking gebruik te maak.
Hierdie kursus behels onder meer ʼn inleiding tot sosiale media wat beklemtoon hoekom dit belangrik is om jou skool op sosiale media te hê en ook hoe om dit reg te gebruik tot voordeel van jou skool. Daar word gekyk na watter deel sosiale media van die totale bemarkingspakkie uitmaak. Dit is belangrik om te weet wie jou verskillende teikenmarkte is en wat hul unieke voorkeure en belange is.
Die kursus fokus ook op die belangrikheid van inhoud: Wat plaas ek? Wat deel ek? Wat prioritiseer ek? Wat los ek eerder? Inhoud moet daarop gemik wees om in te lig, te inspireer, te vermaak en te bemagtig. Daar word ook gekyk na beplanning ten einde te besluit watter inhoud om te deel, hoe om dit te deel, wanneer om dit te deel en om die regte sosialemediaplatforms vir die regte redes te kies.
In hierdie kursus sal jy ook leer hoe om hulpbronne, soos jou skool se webtuiste, leerders en die skoolgemeenskap, te gebruik ter wille van inhoudsgenerering om die groter kommunikasie- en besigheidstrategieë te ondersteun.
Beïnvloedersbemarking is nog ʼn moontlike bemarkingstrategie wat deur skole gebruik kan word. In hierdie kursus word daar uitgebrei oor hoe om hiervan gebruik te maak ten einde te verseker dit is doeltreffend. Daar word onder meer gekyk na hoe leerders vir hierdie doeleinde by die skool betrek kan word, asook na aspekte, soos skriftelike toestemming, wat in ag geneem moet word wanneer dit wel gedoen word.
Bly op hoogte van nuwe tendense en bemarkingstrategieë vir jou skool. Indien jy nog nie ʼn lid van Solidariteit is nie, klik hier om binne ʼn minuut aan te sluit. Klik hier indien jy hierdie kursus wil voltooi of lees hier meer oor hoe jy vir dié kursus en ander kursusse op Solidariteit kan inskryf.
Bemagtig jouself en staan uit bo jou mededingers. Jou skool se toekoms is in jou hande!