loading
avatar
Artikels
4 uur gelede
bemeester-jou-cv-en-jou-onderhoud-danksy-solidariteit-se-gratis-webinaar-2

Foto Krediet: Solidariteit

Bemeester jou CV én jou onderhoud danksy Solidariteit se gratis webinaar

Deur Kyla-Ann du Toit

Jou CV en jou eerste onderhoud is jou goue geleentheid om ʼn werkgewer te oortuig dat jy die beste kandidaat is. Maar weet jy regtig wat werkgewers soek? Solidariteit bied op 10 Februarie 2026 ʼn gratis aanlyn webinaar aan om Afrikaanse werksoekers toe te rus met alles wat hulle moet weet om die arbeidsmark suksesvol te betree.

Wat kan jy van die webinaar verwag?

Mandy Thackwray, ʼn ervare kommunikasiespesialis met meer as 20 jaar se ervaring, is die spreker by hierdie webinaar. As bestuurder van Solidariteit se werkfasiliteringsafdeling het sy al honderde werksoekers gehelp om hul CV’s te verfyn en onderhoude selfversekerd aan te pak. Sy is ook die samesteller en outeur van die “Jou alles in een CV-gids” en die “Onderhoudgids” wat op Solidariteit se Studeerkamer beskikbaar is.

Mandy gaan tydens die webinaarsessie fokus op:

  • • die moets en moenies van ʼn indrukwekkende CV – van uitleg tot inhoud;
  • • wenke vir suksesvolle onderhoude, soos hoe om professioneel voor te berei en op te tree;
  • • vrae wat jy tydens ʼn onderhoud kan verwag en hoe om dit met insig te beantwoord; en
  • • wanpersepsies oor CV’s soos mites wat jy kan vermy om jou kanse te versterk.

Wanneer en waar?

Datum: 10 Februarie 2026

Tyd: 13:00 – 14:00

Plek: Aanlyn op www.solidariteit.co.za

Kostes: Dit is gratis! Jy het slegs ʼn Solidariteit-profiel nodig om by die webinaar in te skakel. Skep sommer nou jou profiel en bespreek jou plek vir die webiaar hier.

Klik ook hier om Solidariteit se gratis CV-gids vir die sessie af te laai.

Of jy nou pas begin werk soek het of jou loopbaan ʼn nuwe hupstoot wil gee, dié webinaar is die perfekte geleentheid om jouself met kennis en vaardighede te bemagtig wat regtig ʼn verskil in jou loopbaan sal maak.

Jou volgende geleentheid begin met die regte voorbereiding – bespreek dus vandag nog jou plek vir dié webinaar!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel