
Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Bemeester jou vergaderings met hierdie kursus
Vergaderings is ʼn groot deel van enige werkplek, maar dit is nie altyd so eenvoudig soos wat dit klink nie. Weet jy wat is die verskil tussen ʼn notule en ʼn agenda, of wat die pligte van die sekretaris is? Weet jy waarom jou maatskappy ʼn Grondwet het?
In hierdie kursus kan jy jouself bemagtig om die doel van vergaderings, die verskillende soort vergaderings, vergaderingprosedures, vergaderingterminologie, kontrole en die bestuur van vergaderings beter te verstaan. Jy sal ook leer wat die rol van die maatskappy waar jy werksaam is se Grondwet is, asook wat die pligte en verantwoordelikhede van die voorsitter is. Jy kan verder uitsien om te leer wat die verantwoordelikhede van die sekretaris is en hoe ʼn mens onderskei tussen uitnodigings, agendas en notules.
Hierdie kursus is ideaal vir kantoorpraktisyns wat hul vaardighede wil opskerp of bo hul mededingers in die werkplek wil uitstaan. Klik hier vir meer inligting oor Solidariteit se voortgesette leer.
Indien jy nog nie jou profiel geskep het nie, klik hier of volg hierdie skakel om meer te leer oor hoe jy vir ʼn voortgesette leer-kursus kan inskryf.
Maak saam met Solidariteit ʼn verskil aan jou toekoms en skryf sommer vandag nog in vir hierdie kursus.