loading
Artikels
1 jaar gelede
bemeester-microsoft-excel-en-staan-uit-bo-jou-mededingers

Foto Krediet: OkayDeer

Bemeester Microsoft Excel en staan uit bo jou mededingers

Deur Maryna Eksteen

Microsoft Excel kan baie intimiderend wees, veral as jy geen agtergrond in die program het nie. Die meeste van ons probeer die program vermy en maak eerder gebruik van Microsoft Word se tabelle. In ander gevalle leer sommige van ons sommer self die basiese beginsels van Microsoft Excel, maar tog ontsluit ons nooit werklik die program se volle potensiaal nie. Vaardigheid in Excel is noodsaaklik vir enige pos waarin daar van jou verwag word om met data te werk.

Danksy Solidariteit se Microsoft Excel-kursus kan jy van ʼn basiese gebruiker tot ʼn gevorderde gebruiker ontwikkel. Die kursus begin met die basis van invoeging van selle en die verandering van inhoud. Leer ook hoe om ʼn reeks inskrywings te outomatiseer en hoe om die buffergeheue (“clipboard”) meer doeltreffend te gebruik. Benoem, skuif en kopieer spreitabelle in ʼn dokument, manipuleer rye en kolomme, en raak vertroud met gevorderde formule-opsies, asook ingeboude formules.

Raak vertroud met formatering en tabelle, asook met die kommageskeide-databron (“comma delimited data source”). Leer hoe om jou data te bestuur deur datageldigheidstoetsing, kondisionele formatering, sortering van data en die filtrering van data. Werk meer doeltreffend met grafieke en tabelle en kyk diepgaande na die meer gevorderde funksies wat Microsoft Excel jou bied.

Wees aan die voorpunt van jou loopbaanontwikkeling. Lees hier meer oor jou eenstop-beroepstuiste vir voortgesette leer. Indien jy nog nie ʼn lid van Solidariteit is nie, klik hier om binne ʼn minuut aan te sluit. Klik hier indien jy hierdie kursus wil voltooi, of lees hier meer oor hoe jy vir dié kursus kan inskryf.

Bemagtig jouself en staan uit bo jou mededingers. Jou toekoms is in jou hande!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel