
Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Ontwikkel jouself en maak aanpassing makliker
Deur Marisha Hermann
Die digitale omgewing is ʼn wêreld wat konstant verander. As ʼn bemarker wat daarna streef om die beste in jou beroep te wees, is dit noodsaaklik om ʼn sterk bemarkingsgrondslag te vestig. Dit is nie net nodig om jou organisasie, diens of produk te bemark nie – dit is ook nodig om jouself te bemark.
As jy ʼn bemarker is of jou bemarkingsvaardighede wil opknap, is hierdie vyf kursusse vir jou! Ontwikkel, verbeter en versterk jou bemarkingsgrondslag.
- 1. Bemarkingsplan in kommunikasie
As jy jou doelwitte wil bereik, benodig jy ʼn deeglike plan. Juran van den Heever, deel in die aanlyn kursus Bemarkingsplan in kommunikasie, ʼn raamwerk van hoe om ʼn bemarkingsplan op te stel. Jy sal leer hoe om jou mark te ontleed, jou strategie te beskryf en hoe om jou bemarkingsprogramme uiteen te sit – sodat jy jou doelwitte kan bereik. Noudat jy ʼn plan van aksie in plek het, moet jy die nodige elemente skep.
- 2. Canva-kreatiwiteit
Die nuwe aanlyn Canva-kreatiwiteit-kursus is perfek vir enigiemand wat hul grafiese ontwerp- en bemarkingsvaardighede wil ontwikkel – of dit nou vir persoonlike kreatiewe projekte, klein ondernemings of selfs vir ʼn spanprojek is! In hierdie kursus sal jy leer hoe om Canva se template, gereedskap en ander funksies optimaal te benut. Jou boodskap kan duidelik en professioneel oorgedra word met slim en aantreklike ontwerpe. Nadat jy hierdie kursus voltooi het, sal jy alles van sosialemediaplasings en video’s tot brosjures en aanbiedings in ʼn japtrap kan skep.
- 3. Topwenke vir sosialemediagebruik
Noudat jy jou boodskap duidelik en visueel uitgebeeld het, is dit tyd om jou gehoor te bereik. Dié webinaar Topwenke vir sosialemediagebruik beskikbaar op Solidariteit, bied praktiese riglyne vir die doeltreffende gebruik van sosialemediaplatforms. Sosiale media is ʼn integrale deel van ʼn maatskappy se bemarkingstrategie. Met die gereedskap om jou boodskap te versprei en jou gehoor in te lig van jou produk of diens reeds deel van jou bemarkingsarsenaal, is die volgende stap om te verseker dat hulle oorgaan na aksie.
- 4. Kortverkope
Bemarkings- en verkoopstrategieë is belangriker as ooit tevore. Die verkoopsarena ontwikkel voortdurend, met nuwe oplossings wat daagliks vir probleme gevind word. Die Kortverkope-e-leerkursus fokus op resultaatgedrewe verkoopstegnieke. Onderwerpe sluit in die grondbeginsels van kortverkope, die verkoopproses, die AIDCA-metode en verkoopgedrag, asook praktiese verkoopwenke en selfontwikkeling.
- 5. Langverkope
Langverkope behels die bou en handhawing van sterk verhoudings tydens ʼn dikwels langdurige verkoopsproses en om pasgemaakte oplossings in ʼn uiters mededingende en aggressiewe verkoopsarena te ontwikkel. Die Langverkope-e-leerkursus beklemtoon die breër konteks van langverkope, met onderwerpe wat insluit posisionering, oorsig, strategie, besigheidsintelligensie, verkoopsinteraksie, sluitingstegnieke, kontraktering en oorhandiging.
Solidariteit dra jou belange op die hart. Jy kan jouself ontwikkel en bemagtig deur verskeie kursusse op die Solidariteit-platform te doen. Die beste van alles is dat Solidariteit se Leer-aanbod gratis vir lede is! Skep vandag nog vir jou ʼn profiel op Solidariteit en word deel van ʼn netwerk van werk.