loading
Artikels
1 dag gelede
berei-jou-span-voor-vir-sukses-sonder-seb-maar-met-meriete

Foto Krediet: OkayDeer

Berei jou span voor vir sukses – sonder SEB, maar met meriete

Deur Leré Nel

In ʼn land waar wetgewing jou dwing om teen jou eie onderneming se belange op te tree, is dit tyd dat jy as werkgewer ʼn beter roete kies – een wat jou en jou onderneming bevoordeel. ʼn Roete waar talent, harde werk en vaardigheid weer saak maak. Dit is tyd dat ondernemings en werkgewers besef: dié roete sluit nie swart ekonomiese bemagtiging (SEB) in nie.

SEB kos jou meer as wat jy dink

Volgens ʼn verslag wat die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) in samewerking met die Vryemarkstigting bekendgestel het, is die koste van SEB-nakoming astronomies. Die totale direkte kostes vir ondernemings word op sowat R200 miljard per jaar geskat, en dit sluit nie eens die indirekte produktiwiteitsverlies en ekonomiese impak in nie.

Dit is geld wat eerder in jou onderneming kon terugvloei – in opleiding, werkskepping en groei.

Maar dit gaan oor meer as net geld. Dié verslag dui daarop dat SEB die Suid-Afrikaanse ekonomie jaarliks tussen 1,5% en 3% van moontlike BBP-groei kos. Dit beteken dat tot 600 000 werkgeleenthede per jaar verlore gaan.

Meriete werk beter, en dit is wettig

Ten spyte van regeringsdruk is dit nie net regverdig nie, maar ook wettig om op meriete aan te stel. Jy het die volste reg om die beste kandidaat vir die pos aan te stel – ongeag hul ras, geslag of agtergrond.

En dit werk! Sedert die bekendstelling van Solidariteit se merietegebaseerde werkfasiliteringsplatform in September 2023, is:

  • 9 881 poste geplaas;
  • 63 273 aansoeke ontvang;
  • 3 206 werkgewers reeds aan boord; en
  • meer as 51 000 werksoekers aktief op die platform.

Hier is jou velkleur irrelevant – net kundigheid en karakter tel.

Laat meriete weer saak maak

Elke aanstelling op grond van meriete is ʼn teenvoetervir die ekonomiese skade wat SEB veroorsaak. Elke pos wat jy op Solidariteit plaas, bou aan ʼn ekonomie wat werklik werk – sonder rasreëls.

Anders as die meeste alternatiewe, is Solidariteit se platform:

  • gratis vir werkgewers en werksoekers;
  • regverdig teenoor alle kandidate; en
  • gegrond op prestasie, nie op beleid nie.

Bou aan ʼn regverdiger arbeidsmark – begin by jou onderneming

Werkgewers wat op grond van meriete aanstel, bou meer doeltreffende spanne, vermy die hoë koste en regsonsekerheid van SEB, en dra by tot ʼn gesonder, sterker Suid-Afrika.

Jou onderneming hoef nie ʼn slagoffer van rasgebaseerde wetgewing te wees nie – dit kan ʼn voorbeeld van beginselvaste, suksesvolle aanstellings wees.

Adverteer jou poste op Solidariteit se werkplatform en kry die beste kandidate: sonder SEB, maar met meriete.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel