loading
Artikels
8 maande gelede
bereik-jou-volle-potensiaal-met-lewenslange-leer-want-jyhoorthier

Foto Krediet: OkayDeer

Bereik jou volle potensiaal met lewenslange leer, want #JyHoortHier

Dit voel deesdae of Suid-Afrikaners oorrompel word met onsekerheid en ons is konstant aan die wonder. Ons wonder waarheen ons op pad is. Hoort ons nog hier? Hoe gemaak met ons taal wat bedreig word? Het ons nog ʼn toekoms in Suid-Afrika met die vinnige veranderende wêreld van werk? Hoe bly ek op hoogte van die nuutste tendense sonder om oorsee te vlug? Het ons kinders ʼn toekoms? Waar pas ons in?

As ons egter met ʼn terugblik op die verlede kyk waar ons vandaan kom en dink aan die herinneringe van wie voor ons geveg het sodat ons hier kan wees, kom lê daar ʼn riem onder elke Suid-Afrikaner se hart. Soos wat ons voorvaders destyds geveg het vir vryheid vir ons taal en kultuur, veg en bou Solidariteit elke dag voort aan dieselfde droom.

Afrikaners is hier om te bly. Dit is hier in ons geboorteland waar ons taal, ambisies, tradisies en geloof hulself vestig. Dis ons herkoms en ons toekoms.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit sê: “Dis hier waar jy kan braai, in Afrikaans kan lag. Dis hier waar jou mense is, vriende en familie. Dis bosveld en see, Karoo en die Kruger. Dis koeksisters en melktert, biltong en blatjang. Dis kampvuur, 4 x 4 en ʼn tjoppie op hardekole. Dis rugby en nartjies, Bulle en Haak Vrystaat. Dis in Afrikaans droom en bid. Dis anders, moeilik om te beskryf, maar dis ek. Dis tog duidelik: Jy hoort hier!”

As ʼn gemeenskap moet ons mekaar help om werk te kry en moet ons mekaar se vaardighede benut. Elkeen wat wil werk, moet kan werk, vry van inmenging deur die staat. Maar meer as dit, elkeen wat wil werk moet goed kan werk en sy volle potensiaal kan bereik. Daai volle potensiaal bereik jy net deur kennis.

Solidariteit het ʼn reuse-aanlyn werkgemeenskap ontwikkel waar Solidariteit-lede eksklusiewe toegang het tot meer as 130 kort kursusse waarvan die meeste gratis is vir lede. Bly op die voorpunt van jou loopbaan en bereik jou volle potensiaal met lewenslange leer. Solidariteit bring hoë gehalte beroepspesifieke kort kursusse vir jou op een digitale plek bymekaar. Dit beteken jy kan op jou eie tyd ʼn wesenlike verskil aan jou toekoms maak deur jouself te bemagtig met kennis in die gemak van jou eie huis of kantoor. Kennis wat jou bo die res sal laat uitstaan.

Hierdie is kort kursusse wat jou sal help om in jou loopbaan te groei en bo jou mededingers uit te staan, want #JyHoortHier! Hierdie aanlyn gemeenskap is ʼn gemeenskap waar jong mense die hulpbronne, ondersteuning en leiding kan kry wat hulle nodig het om hul loopbaandoelwitte te bereik.

Dit is ʼn bymekaarkomplek vir regslui, onderwysers, gesondheidspraktisyns, ambagslui, maatskaplike werkers, kantoorpraktisyns en nog soveel meer! Dit is ʼn gemeenskap wat aan werknemers iets gee om in te glo, asook ʼn platform om terug te ploeg en kennis te deel deur netwerkgeleenthede, werkskepping of mentorskapprogramme.

Dit is ʼn gemeenskap wat daarop toegespits is om werknemers se beroep te beskerm. #JyHoortHier, daarom veg jy teen rasmalheid en help jy ander; daarom staan jy op teen ʼn regering wat alles sentraal wil beheer en bou jy saam met ons aan universiteite en skole. Solidariteit bou ook aan jou kind se toekoms. Die ontwikkeling van ʼn nuwe kampus vir Akademia, waarvan die totale koste meer as R3,1 miljard beloop, is die grootste ontwikkelingsprojek wat nog in die geskiedenis van die Afrikaanse taalgemeenskap aangepak is. Ons bou skaamteloos want #JyHoortHier. Klik hier om meer te lees.

Jy kan gratis van Solidariteit as ʼn deelnemer gebruikmaak deur ʼn profiel te skep. Dit is jou eerste stap om deel van ʼn helpmekaar-gemeenskap te word waar jy vry, veilig en voorspoedig kan wees, want #JyHoortHier!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel