loading
Artikels
1 maand gelede
beskerm-jou-regte-beskerm-jou-toekoms

Foto Krediet: OkayDeer

Beskerm jou regte, beskerm jou toekoms

Deur Ané Janse van Rensburg

Die oorgang vanaf studentwees na jong werkende is opwindend, maar dit kan ook uitdagend wees. As ʼn jong werkende is dit noodsaaklik om jou arbeidsregte te ken en te verstaan, veral in ʼn tyd waar werksonsekerheid en onbillike behandeling gereeld in die werkplek voorkom.

Danksy Solidariteit is jy egter nie alleen nie – ons staan gereed om jou te help, nie net omte weet wat jou regte is nie, maar ook om hulle te beskerm.

Ken jou regte: Maak voorbrand

Wanneer jy jou loopbaan begin, kan dit oorweldigend wees om jou voete in die ingewikkelde web van arbeidswette en werkskontrakte te vind. Solidariteit is hier om seker te maak dat jy nie net weet wát jou regte is nie, maar dat jy ook verstaan hóé om dit te gebruik. Weet jy byvoorbeeld dat jy ʼn reg het op ʼn geskrewe dienskontrak wat jou werksure, vergoedingsstruktuur en ander bepalings duidelik uiteensit? Dit is een van die basiese regte waarvan elke jong werkende moet weet.

Solidariteit help jou om op hoogte te bly van wat jou reg op billike behandeling behels, of dit nou gaan oor die reg op ʼn veilige werkplek, gelyke vergoeding vir gelyke werk, of behoorlike dissiplinêre prosesse.

Jou toekoms is belangrik: Solidariteit se rol in jou beskerming

Jong werkendes kan soms besonder kwesbaar wees in die werkplek want hul gebrek aan ervaring of gebrekkige kennis van arbeidswette kan maklik uitgebuit word. Solidariteit fokus op die beskerming van hierdie jong werkers deur hulle met kennis toe te rus en deur hulle te help om op te staan teen enige vorm van onreg wat teen hulle gepleeg word. Of dit nou gaan oor die afdwinging van minimumloonvereistes, oortydbetaling of behoorlike werksure, Solidariteit verseker dat jy jou plek in die werkplek met selfvertroue kan inneem.

Boonop werk Solidariteit hard daaraan om jong werkendes te bemagtig met inligting oor hul regte sodat hulle die kennis en mag het om onreg te kan uitwys en te takel.

Lees hier meer oor jou beskerming in die werkplek.

Solidariteit: Jou vennoot in ʼn blink toekoms

Daar is ʼn persepsie dat jong Suid-Afrikaners dalk nie in die land hoort nie, en dat hulle elders na geleenthede moet gaan soek. Solidariteit glo egter dat jy net hier hoort, in jou eie land. Ons veg elke dag vir jou reg om ʼn volhoubare en stabiele loopbaan in Suid-Afrika te hê. Ons skep geleenthede en bied ondersteuning sodat jý sukses kan behaal, nie net vir jouself nie, maar ook vir die generasie wat met jou moet hande vat om ʼn voorspoedige toekoms te verseker.

Jy is nie alleen nie: Sluit aan by Solidariteit!

Deur by Solidariteit aan te sluit, word jy deel van ʼn beweging wat jou regte en belange op die hart dra. As ʼn jong werkende is dit jou reg om beskerm te word teen uitbuiting en onregverdige behandeling, en dit is ons missie om te verseker dat jy dié beskerming geniet. Jou toekoms, jou regte en jou plek in die werkplek is vir ons belangrik, en ons sal nie skroom om vir jou te veg nie.

Sluit aan by Solidariteit en geniet beskerming in die werkplek. #JyHoortHier, en saam bou ons ʼn beter toekoms!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel