loading
Artikels
13 uur gelede
tien-gewoontes-wat-bevordering-vir-werknemers-moontlik-maak

Foto Krediet: OkayDeer

Tien gewoontes wat bevordering vir werknemers moontlik maak

Deur Maryna Eksteen

In ʼn tyd waar werk onsekerheid inhou, is dit noodsaaklik om jou CV bo ander te laat uitstaan. Sommige mense bou hul eie pad vorentoe, selfs dié wat nie noodwendig op skool uitgestaan het nie, en bereik steeds sukses. Dié sukses is te danke aan sekere gewoontes wat hulle laat uitblink en goeie kandidate vir bevordering maak.

Die goeie nuus? Hierdie gewoontes is maklik om aan te leer, prakties en heeltemal binne jou bereik.

Of jy nou in administrasie werk, ʼn tegniese beroep volg of jouself met kennis bemagtig, sal die volgende tien gewoontes om jou help om in die werkplek te groei.  

1. Toon altyd inisiatief

Werknemers wat bevorder word, wag nie vir instruksies nie. Hulle identifiseer wat gedoen moet word en neem self verantwoordelikheid. Hulle soek oplossings sonder aanmoediging.

Brei jou vaardighede uit met kort kursusse op Solidariteit en word die probleemoplosser in jou span.

2. Leer voorturend

Werknemers wat na bevordering strewe, sien opleiding eerder as ʼn belegging en nie as ʼn las nie. Hulle bly nuuskierig, leer nuwe tegnologieë en hou hulle vaardighede relevant.

Solidariteit-lede kry toegang tot gehalte opleiding by Akademia, Sol-Tech en deur Solidariteit se leer-aanbod (inskrywings is steeds oop). Solidariteit se voortgesette leerkursusse is gratis vir lede met bykomende studievoordele by Akademia en Sol-Tech. Kontak gerus die Dienssentrum by diens@solidariteit.co.za vir meer inligting.

3. Verstaan die groter prentjie

As jy strewe na bevordering, moet jy weet hoe jou werk by die maatskappy se doelwitte inpas. Jy moet nie in isolasie werk nie, maar strategies vra: “Wat help die span die meeste?”

4. Kommunikeer duidelik en professioneel

Sterk kommunikasievermoë is dikwels die belangrikste eienskap wat jou kan laat uitstaan. Iemand wat betyds terugvoer gee, die span op hoogte hou en goed luister, is maklik om mee saam te werk. Hulle is selfs kalm en professioneel wanneer daar konflik is.

5. Werk goed saam met ander

Of dit nou met kollegas, kliënte of bestuur is – jy moet vertroue bou, spanwerk bevorder en ander motiveer oor hul bydrae. ʼn Positiewe houding dra net soveel gewig soos harde werk.

6. Stel gehalte bo kwantiteit

Bevorderbare werknemers doen dinge reg – nie net vinnig nie. Hulle werk noukeurig, volg die regte prosesse en lewer hoë gehalte werk.

7. Wees voorbereid en betyds

Dit klink eenvoudig, maar dit maak ʼn groot verskil. Diegene wat bevorder word, is altyd betyds, georganiseerd en betroubaar. Dit bou stil-stil geloofwaardigheid.

8. Gebruik tegnologie tot jou voordeel

Bevorderbare werknemers leer om slimmer met hulpmiddels te werk, soos outomatisering, digitale take, aanlyn vergaderings en selfs kunsmatige intelligensie.

9. Bly professioneel, selfs onder druk

As daar spanning en druk is, word die standaard behou deur bevorderbare werknemers. Hulle kom hul beloftes na, kla nie onnodig nie en bring stabiliteit na die span. Bestuurders raak vinnig bewus van hierdie werknemers.

10. Vra gereeld: “Hoe kan ek groei?”

Werknemers wat bevorder word neem self verantwoordelikheid vir hul loopbaan. Hulle soek mentorskapsgeleenthede, aanvaar uitdagings en verbeter hulle vaardighede voortdurend.  

Wil jy jou loopbaan na die volgende vlak neem? Word deel van Solidariteit se beroepsnetwerke en gebruik hul mentorskap- en opleidingshulpbronne vir groeigeleenthede.

Jy hoef nie vir ʼn bevordering te wag om soos ʼn leier op te tree nie – jy kan net met dié gewoontes begin. Dit is die verskil tussen ʼn werknemer wat stagneer en een wat aanhou groei.

Solidariteit help jou op elke vlak – van opleiding tot loopbaanondersteuning. Sluit vandag aan en bou saam aan ʼn sterk, vaardige beroepsgemeenskap.

Klik hier om by Solidariteit aan te sluit en begin nou aan jou toekoms bou.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel