loading
Artikels
2 dae gelede
leer-verder-werk-slimmer-kursusse-vir-mense-sonder-matriek

Foto Krediet: OkayDeer

Leer verder, werk slimmer: Kursusse vir mense sonder matriek

Deur Liza Joubert

Nie almal se skoolloopbaan en loopbaanpad lyk dieselfde nie. Sommige jongmense verlaat die skool vroeg weens omstandighede buite hul beheer. Ander het dalk net nie die geleentheid gehad om matriek te voltooi nie. Máár, dit beteken nie die deur tot loopbaansukses is vir altyd gesluit nie. Inteendeel – met die regte ondersteuning en toegang tot toepaslike vaardigheidsontwikkeling, kan enigiemand weer koers kry. Dit is presies wat Solidariteit se leerplatform bied: ʼn tweede kans – met betekenis.

Solidariteit glo daarin om mense toe te rus vir ʼn onafhanklike toekoms, ongeag hul skoolrekord. Daarom bied Solidariteit ʼn verskeidenheid kortkursusse aan wat beskikbaar is op hierdie gebruikersvriendelike leerplatform. Hierdie kursusse is geskik vir almal – selfs vir diegene wat nie matriek het nie – en is doelgerig ontwerp om mense vinnig, effektief en prakties voor te berei vir die wêreld van werk.

Met nagenoeg 150 beskikbare kursusse, strek dié aanbod van administrasie en entrepreneurskap tot basiese instandhouding, tegniese vaardighede, kommunikasie, kliëntediens, finansiële geletterdheid en meer. Hierdie kursusse is egter ook nie net vir jongmense wat hul eerste tree in die arbeidsmark neem nie, maar vir volwassenes wat hul vaardighede wil opgradeer, ʼn nuwe rigting wil inslaan of weer op koers wil kom.

Wat maak hierdie kursusse uniek?

  1. 1. Matriek is nie ʼn voorvereiste nie: Jy hoef nie ʼn matrieksertifikaat te hê om met die kursusse te begin nie. Al wat jy nodig het, is toegang tot die internet en ʼn bereidwilligheid om te leer.
  2. 2. Aanpasbaar by jou lewe: Die kursusse is aanlyn en selfgerig. Dit beteken jy kan dit in jou eie tyd, teen jou eie pas voltooi – ideaal vir mense wat werk, kinders het of ander verpligtinge moet nakom.
  3. 3. Gratis vir lede: Hierdie kursusse is gratis beskikbaar vir lede! Deur slegs jou lidmaatskap op te neem, maak jy ʼn belegging in jouself en jou toekoms.

ʼn Toekomstige loopbaan sonder matriek? Ja, dit is moontlik.

In vandag se veranderende wêreld van werk kyk werkgewers al hoe meer na praktiese ervaring, ingesteldheid en leergierigheid. Mense wat wys dat hulle bereid is om hulself te verbeter en op te lei, maak dikwels ʼn groter indruk as dié wat net op akademiese prestasie staatmaak. Deur ʼn kortkursus te voltooi, wys jy dat jy gemotiveerd is en dat jy bereid is om die ekstra myl te loop.

Solidariteit bied nie net kursusse aan nie – hulle bou aan ʼn gemeenskap. Lede kry toegang tot mentorskapgeleenthede, geleenthede om in die praktyk te leer, en inligting oor vakke en beroepe. Solidariteit ondersteun jongmense op elke tree van hul reis, van jou eerste dag in graad 8, regdeur tot jou eerste werkonderhoud en beskerm jou dan verder op jou loopbaanpad sodra jy begin werk.

Begin vandag deur jou gratis profiel op Solidariteit te skep. Dit is die eerste stap wat jy kan neem vir ʼn suksesvolle loopbaanpad. Klik hier!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel