Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
René van der Vyver: Hoe jy as jong werkende ʼn side hustle kan hê
Deur Leré Nel
Die salaris van ʼn jong werkende lyk dikwels nie baie indrukwekkend nie. Baie jong werkendes begin deesdae ʼn klein besigheid neffens hul voltydse werk, net om die gaatjies toe te stop. Of, in René van der Vyver se geval, het hulle net baie passies… en hoekom nie ʼn bietjie geld daaruit maak as jy kan nie?
Jong werkendes wat regtig voor wil kom, weet hulle moet meer doen, meer leer en meer bou.
Ons is nou behoorlik in die era van die side hustle. Of, soos ons dit graag noem, woekerprojekte.
Die groot voordeel van woekerprojekte is dat dit jou kan help om jou passies aan die lewe te hou en soveel van jou tyd kan opneem soos wat jy toelaat. En jy hoef nie die stabiliteit van jou voltydse werk te laat vaar nie.
Volgens René van der Vyver, ʼn jong entrepreneur wat self verskeie suksesvolle woekerprojekte opgebou het, is die sleutel om net te begin – al is dit klein.
Sy vertel oor haar eerste woekerprojek – Fraai Sokkies. “Dit het in 2020 begin toe ek met ʼn seer hart gesoek het na sokkies om my ouma se vellies af te rond sodat ek dit by alles kan dra,” vertel sy. “Ek kon nêrens vind nie, het dit self begin maak en toe soveel belangstelling gekry dat ek dit begin verkoop het!”
Van daar af het dinge net gegroei. Met haar kreatiewe brein het sy in 2023 ʼn tweede woekerprojek begin: Idea Smuggler. “Idea Smuggler is ʼn kreatiewe agentskap wat ondernemings help om hul handelsmerke te ontwikkel en uit te bou,” vertel sy. Later het sy ook ʼn derde besigheid begin – Heldedaad Jack Russels. “Dit is my passieprojek, omdat ek net só lief is vir Jack Russels,” lag sy. “Nou is daar ʼn lang waglys van mense wat ons hondjies se pragtige kleintjies wil hê.”
René se verskeie woekerpojekte is ʼn sprekende voorbeeld van hoe ʼn passie ʼn idee kan word, en dan kan ontwikkel in verskeie strome van inkomste.
Waar begin ek?
Jong werkendes bevind hulself dikwels in ʼn moeilike posisie – vol idees, maar onseker waar om te begin.
Volgens René is daar geen geheime resep nie. “Aanhouer wen,” sê sy. “Besluit waaroor jy passievol is, bring iets op die been en werk aanhoudend na daardie doel toe. En as dit misluk, probeer weer… of probeer iets anders!”
Dit is regtig so eenvoudig soos “aanhouer wen”. Maar dis ook ʼn uitdaging – want aanhou beteken jy moet leer, groei en jouself aanpas.
En dis waar baie jongmense vasval.
Leer is jou grootste voorsprong
Wil jy jou woekerprojek begin of dit na die volgende vlak neem?
Dan het jy vaardighede nodig.
Volgens René is dit ʼn no-brainer: “Daar is nagenoeg 150 kursusse op Solidariteit-aanlyn beskikbaar,” sê sy. “Begin daar!”
Met ‘n Jongwerkende-lidmaatskap by Solidariteit kry jy toegang tot al die kursusse op Solidariteit-aanlyn. Die meerderheid van die kursusse is verniet vir lede van Solidariteit.
Hierdie kursusse help jou om praktiese vaardighede te bou wat jy onmiddellik kan gebruik in jou woekerprojek, soos:
- • Projekbestuur
- • Kunsmatige Intelligensie-kursusse
- • Microsoft
- • Canva
- • Fotografie
…en nog baie meer!
Met Solidariteit-aanlyn hoef jy nie net te droom nie – jy kan die vaardighede kry om te bou.
René sluit af met goeie raad: “Doen iets waaroor JY passievol is. Daar is ʼn uitdrukking, ‘lekker is net ʼn vinger lank’. Maar ek dink motivering sonder passie hou ook nie baie lank nie.”
Passie gee jou energie. Vaardighede gee jou rigting.
Jy het albei nodig.
Jy hoef nie te wag vir die “perfekte tyd” nie. Begin klein. Leer vinnig. Bou slim.
En die beste deel? Jy hoef dit nie alleen te doen nie.
Neem vandag nog Jongwerkende-lidmaatskap by Solidariteit op en kry toegang tot die kursusse, hulpmiddels en ondersteuning wat jou kan help om jou eie woekerprojek te begin – en te laat groei.