
Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Bestuur angs in die werkplek
Deur Liza Joubert
Angs is ʼn algemene ervaring wat mense van alle ouderdomme raak. Jong mense is veral vatbaar daarvoor weens verskeie faktore soos sosiale druk, werksonsekerheid, en die vinnige pas van die lewe. In die werkplek kan angs besonder uitdagend wees, veral vir jong werkendes wat nuut is in die werkplek en hul voete moet vind. Hier is ʼn paar praktiese wenke om angs in die werkplek te bestuur.
Verstaan die oorsprong van jou angs
Om angs effektief te bestuur, is dit belangrik om die bron of wortel daarvan te identifiseer. Algemene oorsake van werkplek-angs sluit in ʼn vrees vir foute, werksdruk en onsekerheid oor werksekuriteit. Deur hierdie snellers te herken, kan jy beter daarop voorbereid wees om dit te hanteer.
Praktiese wenke om angs te hanteer
1. Erken jou gevoelens
Erken dat dit normaal is om angs te ervaar, veral in ʼn nuwe of stresvolle werksomgewing. Deur self bewus te wees van die probleem is die eerste stap om jou angs te bestuur.
2. Stel realistiese doelwitte
Verdeel groot take in kleiner, meer hanteerbare stappe. Dit maak die werk minder oorweldigend en help om ʼn gevoel van prestasie te skep.
3. Vra hulp – moenie skaam wees nie
As jy onseker is oor iets of bang is om ʼn fout te maak, vra vir leiding. Mentors en kollegas is dikwels meer as bereid om te help. As ʼn lid van Solidariteit het jy toegang tot die ondersteuning van ʼn mentor wat jou kan lei en help om jou angs te verlig.
4. Ontwikkel ʼn sterk ondersteuningstelsel
Bou goeie verhoudinge met jou kollegas. ʼn Sterk ondersteuningstelsel kan jou help om stres en angs beter te hanteer. Solidariteit het ‘n aanbod/lidmaatskap vir jong werkendes wat aan hulle ‘n netwerk bied waar hulle mekaar kan ondersteun en waar hulle raad van mekaar kan kry.
5. Neem pouses en ontspan
Maak seker dat jy jou werk gereeld onderbreek om te ontspan. Kort pouses gedurende die dag kan help om jou konsentrasie te verfris en angs te verminder.
6. Leer tydsbestuurvaardighede aan
Effektiewe tydsbestuur kan werksdruk verlig en die angs verminder. Beplan jou dag vooruit en hou by jou rooster om ʼn gevoel van oorweldiging te vermy.
7. Aanvaar dat foute deel is van die leerproses
Niemand is perfek nie, en foute is ʼn natuurlike deel van groei en leer. Sien foute as geleenthede om te leer en jouself te verbeter eerder as ʼn weerspieëling van jou waarde. Jou bestuurders weet dat foute soms gaan inglip en sal bystand bied om ʼn oplossing te kry.
As ʼn lid van Solidariteit het jy toegang tot ʼn wye reeks voordele wat jou kan help om angs te bestuur en jou loopbaan te versnel. Jong werkendes geniet die voordeel van afslag op lidmaatskap en toegang tot mentorskapprogramme waardeur hulle ondersteuning en leiding van deskundiges op hul gebied kan ontvang. Deur Solidariteit se beroepsnetwerke kan jy waardevolle kontakte opbou en toegang kry tot hulpbronne wat jou professionele ontwikkeling bevorder.
Angs in die werkplek is ʼn algemene verskynsel, veral onder jong mense wat hul loopbane begin. Deur praktiese stappe te volg en van die ondersteuning van organisasies soos Solidariteit gebruik te maak, kan jy jou angs beter bestuur en ʼn suksesvolle, vervullende loopbaan bou. Skep jou gratis profiel op Solidariteit, word ʼn lid, en maak gebruik van die mentorskap en ondersteuning wat beskikbaar is om jou in die werkplek te ondersteun en jou sommer ook te help om angs in die werkplek te oorkom.