loading
Artikels
2 jaar gelede
bewaarheid-jong-mense-se-studiedrome

Foto Krediet: Okay Deer

Bewaarheid jong mense se studiedrome

Deur Heléne Leonard

Solidariteit glo dat elke jong mens wat wil studeer dit moet kan doen en dat kwessies soos die beskikbaarheid van finansies nie in die pad van ʼn jong mens se drome moet staan nie. Die Helpende Hand Studietrust (HHST) bied rentevrye studielenings aan behoeftige Afrikaanse studente.

Die studietrust is ʼn inisiatief van Helpende Hand en is in 2009 gestig as ʼn platform vir donateurs om behoeftige Afrikaanse studente te help om deur middel van rentevrye studielenings te studeer.

Die HHST administreer tans meer as 200 onafhanklike studiefondse namens verskeie donateurs, en het reeds meer as 11 000 leningstoekennings, wat in totaal meer as R270 miljoen beloop, aan 4 750 behoeftige studente bewillig.

Solidariteit glo ook dat jong mense nie net vir beroepe toegerus moet word nie, maar vir roepings, en dat nie net werk nie maar ook roepings beskerm moet word. Sedert sy stigting in 1902 is Solidariteit in wese op werk ingestel. Die organisasie het sedertdien verskeie fases van ontwikkeling ondergaan en het elke keer suksesvol by veranderde omstandighede aangepas om aan nuwe eise te voldoen. Solidariteit het egter deurgaans sy kernfokus behou, naamlik goeie werk vir sy lede en Solidariteit stap ʼn loopbaanpad met sy lede en dit begin reeds vanaf ʼn jong ouderdom, terwyl HHST dit vir Afrikaanse studente moontlik maak om te studeer en ʼn loopbaan te begin. Lees meer hier.

Die HHST se rentevryestudieleningsmodel bied ʼn volhoubare sirkelbenadering om kontinuïteit te verseker wat weer die volgende student of studente in staat stel om ʼn  studielening te bekom. Die model is so ontwerp dat dit volhoubaar is. Die geld bly dus in sirkulasie deurdat een afgestudeerde student wat sy of haar lening terugbetaal weer ʼn volgende behoeftige student se studie finansier (en die volgende een, en die volgende een, en so voort). Die HHST spog tans met ʼn terugbetalingskoers van meer as 96%.

Donateurs het die keuse om eenmalig, jaarliks of maandeliks tot die trust by te dra. Hulle kan ook hul eie studiefonds stig en self die naam en voldoeningskriteria daarvoor kies. Op dié manier skep die HHST ʼn ongelooflike voertuig om behoeftige studente finansieel te help. Die trust fokus daarop om Afrikaanse, Christelike studente in die eerste plek te help.

Die instelling is ʼn geregistreerde openbare weldaadorganisasie (OWO) wat beteken dat ʼn donasie wat aan die HHST gemaak word belastingvoordele vir die donateur inhou.

Sluit hier by Solidariteit aan en maak ʼn verskil aan ʼn Afrikaanse student se toekoms en ondersteun die instellings wat ʼn toekoms vir jong mense wil skep.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel