
Foto Krediet: Solidariteit
Gekopieër
Bly aan die voorpunt van jou loopbaan danksy Solidariteit se beroepspesifieke kursusse
Om op hoogte te bly van die jongste ontwikkelinge in jou beroep vereis voortgesette leer. Solidariteit maak dit vir sy lede maklik om hierdie doelwit te bereik danksy ʼn reeks van byna 130 beroepspesifieke kursusse wat almal op een gebruikersvriendelike platform beskikbaar is. Of jy nou in die mediese veld, finansies of tegnologie werk, Solidariteit het kursusse wat jou vaardighede kan opskerp en jou loopbaan na die volgende vlak kan neem.
Jy kan Solidariteit se aanlyn kursusse in die gemak van jou huis voltooi. Ons almal weet hoe moeilik dit kan wees om tyd te maak vir ʼn kursus tussen werk, gesin en ander verpligtinge. Daarom het Solidariteit ʼn leeromgewing geskep waar jy kursusse op jou eie tyd en teen jou eie tempo kan voltooi, sonder om jou lewe onnodig te ontwrig.
Met jou Solidariteit-lidmaatskap kry jy gratis toegang tot die meeste van Solidariteit se kursusse wat spesifiek vir jou beroep ontwerp is. Hierdie kursusse dek ʼn wye verskeidenheid van onderwerpe wat relevant is tot jou werksomgewing en die uitdagings wat jy in jou loopbaan in die gesig staar. Die kursusse is prakties en gebruik werklike voorbeelde om jou te help om die teorie in jou alledaagse take toe te pas.
Solidariteit het enkele lede gaan inloer om terugvoer te kry oor hul ervaring van die kursusse wat hulle voltooi het. Lourens du Plessis het onlangs Solidariteit se “Kennis en Klets: ChatGpt & BingAi”-kursus voltooi en sê hy het ʼn beter idee gekry van wat die vermoëns van kunsmatige intelligensie is en hoe ʼn mens met dit moet kommunikeer om die beste antwoorde te kry. “Ek het geleer wat ʼn mens vir KI moet sê en dat jy dit eers ʼn bietjie agtergrond oor jou probleem/vraag moet gee om beter terugvoer te ontvang.” Volgens Lourens het die kursus praktiese advies en realistiese voorbeelde gegee.
ʼn Ander kursusganger, wat graag anoniem wil bly, het Solidariteit se Microsoft Word-kursus voltooi om haar bestaande vaardighede op te skerp. Volgens hierdie kursusganger het hierdie kursus haar algemene kennis verbreed en haar selfvertoue ʼn hupstoot gegee. Hierdie kursusganger het ook gesê sy sal hierdie kursus aanbeveel omdat rekenaargeletterdheid só ʼn belangrike rol in produktiwiteit en professionaliteit speel.
Maak seker jy benut jou Solidariteit-lidmaatskap en sluit aan by die honderde mense wat reeds by hierdie beroepspesifieke kursusse baat gevind het. Begin sommer vandag nog jou reis na voortgesette leer en ontdek hoe jy jou volle potensiaal kan bereik! Klik hier om jou lidmaatskap aan jou gratis Solidariteit-profiel te koppel sodat jy jou voordele ten vollekan benut.