loading
Artikels
2 jaar gelede
bo-karoo-opleiding-bou-voort-aan-jou-toekoms

Foto Krediet: Verskaf

Bo-Karoo Opleiding: Bou voort aan jou toekoms

Deur Maryna Eksteen

Rome is nie in een dag gebou nie en beslis ook nie deur onkundige mense nie. Indien ʼn stad gebou word, moet daar goeie opleidingsfasiliteite wees en mense met kennis om die onmoontlike moontlik te maak.

Bo-Karoo Opleiding (BKO) is ʼn tersiêre instelling wat in Orania geleë is, en alhoewel dit nou nie Italië is nie, bied BKO wêreldklas opleiding aan voornemende studente. Bo-Karoo lei eerstens jong mense met vaardighede op om die stad te bou, tweedens om die streek te groei en derdens vir die wins van die land.

Ongelukkig word fasiliteite om meer en meer ge-outomatiseer te word weens die tekort aan ambagsmanne. Die algemene gebrek aan ambagsmanne is nie ʼn mite nie; dit is ʼn onmisbare feit. By BKO word studente opgelei in tegniese rigtings en kan hulle kwalifikasies verwerf in Elektries, Boerderybestuur, Bouwerk en Siviele konstruksie, Loodgietery of Tuisversorging.

Instellings soos versorgingsentrums en tehuise vir bejaardes het ʼn voortdurende behoefte aan goed opgeleide tuisversorgers om met die versorging van bejaardes en ander behoeftiges behulpsaam te wees.

BKO word in ʼn opleidingsentrum met moderne lesinglokale en goed toegeruste werkwinkels gehuisves. Ervare dosente verseker dat die studente nie net die voorgeskrewe teorie behandel nie, maar ook die praktiese vaardighede bemeester, soos deur die SETA’s vereis.

Die Solidariteit Beweging besef ook hoe noodsaaklik goeie opleiding in skaarsvaardighede is en dít is juis die knelpunt wat deur die Solidariteit Boufonds aangepak word. Die Boufonds is gestig omdat Solidariteit glo dat kennis die beste manier is om sy lede in die nuwe, onseker ekonomie te beskerm. Indien jy meer wil weet oor die Boufonds of dalk ’n bydra wil maak, besoek www.boufonds.co.za vir meer inligting. Die Boufonds het juis ten doel om na die behoeftes van jong mense om te sien, want dié wat wíl werk, moet kán werk!

Besoek www.bokarooopleiding.co.za vir meer inligting of stuur ʼn e-pos na ontvangs@bokarooopleiding.co.za vir verdere navrae. Waarvoor wag jy? Bou aan jou toekoms soos net jy kan!   

#OnsBou by Solidariteit aan ʼn toekoms waar ons nageslag vry, veilig en voorspoedig kan leef.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel