
Foto Krediet: Verskaf
Gekopieër
Bo-Karoo Opleiding se eerste opedag!
Bo-Karoo Opleiding (BKO) glo in vryheid deur opleiding en arbeid. Hier, in die Bo-Karoo-streek langs die Oranjerivier, in Orania, bied BKO vir voornemende studente ʼn studie-ervaring gevul met avontuur, roepingsgedrewe arbeid en praktiese opleiding en ervaring.
Op 15 Junie 2024 bied BKO sy heel eerste opedag aan en jy kan self gaan kyk waarmee BKO besig is. Skryf jou kind in om hul toekomsdrome na te streef in ʼn veilige omgewing, geskoei op Christelike waardes én in hul moedertaal.
BKO is ’n kampus sonder mure, deel van die gemeenskap en is ten volle by die gemeenskap betrokke. Paul Vogel, die uitvoerende hoof van BKO, glo daarin om ʼn hoopvolle toekoms te skep.
“Ons is positief en hoopvol oor die toekoms. Hier by BKO skep ons ʼn geleentheid vir studente om in vryheid te leef en ten volle student te wees. Ons droom nie net van ʼn hoopvolle toekoms nie, ons bou reeds daaraan!” sê Vogel.
Voornemende studente kan ʼn ingeligte besluit neem oor hul toekomspad deur BKO se opedag by te woon. BKO bied die volgende studierigtings:
- • Boerderybestuur
- • Bou- en siviele konstruksie
- • Loodgietersopleiding
- • Elektries
- • Tuisversorging
Meer kursusse wink ook op die horison nadat hierdie opleidingsinstelling aanvanklik in 2019 met vyf studente in die bou en siviele konstruksie-kwalifikasie begin. Vandag spog BKO met vyf studierigtings en meer as ’n honderd studente. Die nuutste studierigting is Landbou wat in 2023 bekendgestel is.
‘n Tradisionele studente-ervaring is verseker iets waarna voornemende studente kan uitsien. BKO beskik oor 3 koshuise: Steenbok Manskoshuis, Duiker Dameskoshuis en Vaalbos Manskoshuis, asook ’n daghuis, Helde Huis.
Avontuur, ʼn veilige studentelewe en gehalte opleiding wink.
Registreer vir die opedag: https://bko.co.za/opedag-besprekingsvorm/
