Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Bou én beskerm jou werktoekoms met die Solidariteit-app
Die wêreld van werk verander vinnig. Nuwe tegnologie, veranderende vaardigheidsvereistes en ʼn mededingende arbeidsmark beteken dat jy voortdurend aan jou kennis, netwerk en loopbaan moet bou.
Met die Solidariteit-app is alles wat jy nodig het om in jou loopbaan vorentoe te beweeg, op een plek beskikbaar – waar en wanneer dit jou pas.
Meer as net nóg ʼn app
Die Solidariteit-app is ontwerp om jou te help om jou werktoekoms doelgerig te bou én te beskerm. Jy kan nuwe werkgeleenthede ontdek, jou vaardighede ontwikkel, ondersteuning ontvang en met ander mense in jou beroep skakel.
Met die app kan jy:
- nuwe poste ontdek en vir loopbaangeleenthede aansoek doen;
- toegang kry tot nagenoeg 150 gratis aanlyn kursusse en opleidingshulpbronne;
- by beroepsnetwerke of sektorgroepe van jou keuse aansluit;
- op hoogte bly van nuus en ontwikkelinge wat jou beroep raak;
- toegang kry tot arbeidsregtelike ondersteuning en advies deur Aanlyn regshulp, ons KI-arbeidsregadviseur; en
- Klets, nóg ʼn slim KI-assistent, gebruik om al jou vrae in Afrikaans te beantwoord.
Die app bied ook talle hulpbronne vir skoliere, studente en jong werkendes wat reeds vandag aan hul toekomstige loopbane wil begin bou.
Groei slimmer en groei saam
Die mense wat voortdurend in hul loopbane groei, is dié wat aanhou leer, doelbewus aan hul professionele netwerke bou en hulle regte in die werkplek verstaan. Die Solidariteit-app help jou om presies dit te doen.
Jy kry toegang tot ʼn groeiende Afrikaanse aanlyn gemeenskap waar mense kennis deel, gesprekke voer en mekaar help om nuwe geleenthede te ontdek. Dit is ʼn digitale ruimte wat rondom werk, leer en gemeenskap gebou is.
Jou wêreld van werk hoef immers nie aan ʼn lessenaar gebonde te wees nie. Met die Solidariteit-app kan jy aanhou leer, ontwikkel en netwerk – ongeag waar jy is.
Laai vandag nog die Solidariteit-app op Android of Apple af en neem beheer van jou werktoekoms!