loading
Artikels
6 maande gelede
bou-jou-cv-op-die-platform

Foto Krediet: OkayDeer

Bou jou CV op Solidariteit

Deur Ané Janse van Rensburg

Solidariteit is die grootste Afrikaanse aanlyn bymekaarkomplek vir jong mense. Híér help ons jou om as jong werkende die wêreld van werk baas te raak en bemagtig ons jou om jou volle potensiaal te bereik.

Die eerste stap in jou oorgang van jong mens na jong werkende, is die opstel en instuur van ʼn CV. In hierdie nuwe omgewing gaan jy vinnig besef dat daar baie mededinging vir die poste is waarvoor jy wil aansoek doen. Daarom is dit nou belangriker as ooit om ʼn unieke CV op te stel wat werkgewers se aandag sal trek.

Danksy Solidariteit se CV-bouer is dit nou makliker as ooit om ʼn indrukwekkende CV op te stel, af te laai wat gereed is om aan potensiële werkgewers gestuur te word.

Hoe werk die CV-bouer?

Die eerste stap behels om jou profiel op Solidariteit te registreer. Volg dan die “Raak betrokke”-skakel en vul die verlangde inligting in. Hierdie inligting sluit in jou persoonlike inligting sowel as jou kontakbesonderhede, ervaring, kwalifikasies, belangstellings en so meer. Ná die voltooiing van jou profiel stel die platform ʼn aflaaibare CV vir jou op. Dit is belangrik dat jy jou inligting so volledig as moontlik voltooi sodat jou profiel die regte organisasies en besighede se aandag kan trek.

Kyk die video wat verduidelik hoe jy jou CV kan aflaai hier.

Die gratis CV-bouer is een van talle produkte wat by jou Solidariteit-lidmaatskap ingesluit is. Lees hier meer oor die ander ledevoordele en hoe jy dit as ʼn jong werkende kan benut.

ʼn Goeie CV is van groot waarde om jou aansoek vir ʼn pos van die res van die aansoekers te onderskei. In ʼn omgewing waarin daar beslis geen tekort aan werksaansoeke ondervind word nie, kan ʼn aantreklike, interessante en unieke aansoek beslis die deurslag gee in jou sukses.

Skep vandag jou Solidariteit profiel en bemagtig jouself om jou stempel as jong werkende op die mark af te druk.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel