loading
Artikels
2 dae gelede
daar-is-geleenthede-in-sa-help-jou-kind-om-dit-raak-te-sien

Foto Krediet: OkayDeer

Daar ís geleenthede in SA – help jou kind om dit raak te sien!

Daar is nog geleenthede in Suid-Afrika, én daar is geleenthede om in Afrikaans te kan studeer en werk. Enige ouer wil die beste vir hulle kinders hê – en partykeer is daardie geleenthede net hier op eie bodem! Lees verder hoe jy as ouer die gesprek oor toekomsmoontlikhede kan benader en hoe jy jou kind kan help om die geleenthede raak te sien.


Deur Karen Waldeck

As ouer wil jy natuurlik die beste vir jou kind hê, maar hoe jy oor werk en toekomsmoontlikhede praat, kan ʼn groot invloed hê op hoe jou kinders hulle eie pad sien. Dit is tyd om ʼn positiewe en realistiese prentjie oor werk in Suid-Afrika te skets. Daar ís hoop. Daar ís geleenthede. En ja, dit is moontlik om ʼn suksesvolle loopbaan hier te bou – veral as jy weet waar om te soek!

ʼn Positiewe perspektief op werk in SA

Ons hoor daagliks van uitdagings soos werkloosheid en ekonomiese onsekerheid, maar daar is ook ʼn ander kant aan die storie – talent en vaardighede is steeds in aanvraag. Nuwe bedrywe ontstaan, tegnologie skep geleenthede wat voorheen ondenkbaar was, en organisasies soos Solidariteit maak deure vir jong mense oop om sonder die dwang van rasvereistes te kan werk – en boonop in hul moedertaal. Dit beteken jou kind kan werk kry, aan loopbaanvooruitsigte werk en in ʼn omgewing groei wat hulle ondersteun.

Moenie die gevare oordryf nie – wys eerder op die moontlikhede

Dit is te verstane dat ouers bekommerd is oor hul kinders se toekoms. Maar eerder as om net oor die probleme te praat, kan ons die gesprek op oplossings en geleenthede rig. Hier is ʼn paar dinge om in gedagte te hou:

  • • Die werkstoneel verander vinnig: Die beroepe van die toekoms verskil van dit wat ons ken. Volgens ʼn artikel deur Solidariteit gaan tegnologie en innovasie nuwe loopbaanrigtings skep. Help jou kind om op vaardighede soos probleemoplossing, aanpasbaarheid en tegnologiese geletterdheid te fokus.
  • • Opleiding is beskikbaar: Jong mense hoef nie die proses van opleiding alleen aan te durf nie. Solidariteit bied ondersteuning om hulle op hul opleidingspad te ondersteun. Moedig jou kind aan om hierdie hulpbronne te gebruik.
  • • Afrikaans is steeds ʼn bate: Moenie dat mense jou wysmaak Afrikaans het geen toekoms nie. Dit is ʼn taal met ʼn ryk geskiedenis en ʼn lewendige gemeenskap – trouens, Afrikaans vier in 2025 al 100 jaar se bestaan as ʼn amptelike taal.
  • • Netwerke open deure: ʼn Sterk beroepsnetwerk is goud werd. Wys jou kind hoe belangrik dit is om ʼn netwerk van kontakte op te bou en professionele verhoudings te vestig. Platforms soos Solidariteit help jong mense om toegang te kry tot werksgeleenthede sonder dat onnodige struikelblokke in hulle pad staan.

Help jou kind om sy of haar eie pad te vind

Jou kind hoef nie in ʼn situasie van negatiwiteit vasgevang te voel nie. Help hulle eerder om doelgerig oor hul loopbaan te dink. Hier is ʼn paar wenke:

  • • Moedig loopbaanbeplanning aan: Laat jou kind ondersoek instel na verskillende beroepe en die vaardighede wat daarvoor benodig word. Die Wêreld- Ekonomiese Forum het ʼn lys van die topvaardighede vir die toekoms saamgestel – kyk daarna en gaan dit saam met jou kind deur. Dalk is daar iets wat hulle aandag trek.
  • • Moenie hulle keuses afskiet nie: As jou kind ʼn ongewone loopbaan wil volg, luister na jou kind en help om dit realisties te benader. Nuwe werksgeleenthede ontstaan in digitale bemarking, sagtewareontwikkeling, afstandswerk en entrepreneurskap. Net omdat dit vir jou as ouer dalk na ʼn vreemde loopbaan klink, beteken nie dat dit nie in die toekoms groot moontlikhede gaan bied nie.
  • • Leer hulle om selfstandig te wees: Werk gaan nie net oor ʼn salaris nie; dit is ʼn manier om ʼn bydrae te lewer en ʼn toekoms te bou. Leer hulle hoe om finansieel verantwoordelik te wees, hoe om geleenthede raak te sien en hoe om slim keuses te maak.

Daar is ʼn toekoms hier – help jou kind om dit raak te sien!

Wanneer jy as ouer ʼn positiewe en realistiese uitkyk op werk in Suid-Afrika het, kan jy jou kind bemagtig om dieselfde uitkyk te hê. Moenie hulle met negatiewe praatjies bangpraat nie – wys die moontlikhede vir hulle! Solidariteit is ʼn waardevolle bondgenoot op hierdie reis, en bied hulpbronne wat jou kind se pad makliker kan maak.

Skep ʼn profiel op Solidariteit en kyk self na die wonderlike geleenthede wat daar beskikbaar is! Moedig jou kind aan om Solidariteit se Skoliere-aanbod te verken en die toekoms met selfvertroue aan te pak. Ons veg vir ʼn vry, veilige en voorspoedige Suid-Afrika – waar ons in ons eie taal en land kan floreer!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel