loading
Artikels
3 dae gelede
maak-die-regte-vakkeuses-danksy-solidariteit-se-skoliere-aanbod

Foto Krediet: Solidariteit

Maak die regte vakkeuses danksy Solidariteit se Skoliere-aanbod

Graad 9 is ʼn baie belangrike hoofstuk in ʼn leerder se lewe. Vakkeuses wat nou gemaak word, kan ʼn leerder se hele toekoms beïnvloed. Solidariteit se gratis #Vakkeuse-videoreeks help ouers en kinders om dié belangrike besluit met insig en selfvertroue te neem. Lees hier meer en ontdek hoe jy vandag reeds jou kind se toekoms kan help bou.


Deur Kyla-Ann du Toit

Graad 9 is nie net ʼn jaar van nuwe vakke en moeiliker werk nie – dit is ʼn keerpunt in ʼn leerder se skoolloopbaan. Dit is daardie belangrike kruispad waar jou kind se pad vorentoe met sy of haar toekoms moet begin belyn. Een van die grootste besluite wat ʼn graad 9-leerder moet neem, is watter vakke om vanaf graad 10 te neem. Dit is ʼn keuse wat nie net hul skooljare beïnvloed nie, maar ook hul loopbaan – van tersiêre studie en werksgeleenthede tot selfs lewensvervulling.

Gelukkig hoef julle nie dié besluit alleen te neem nie! Solidariteit se Skoliere-aanbod bied gerusstelling én die nodige insette danksy die #Vakkeuse-video’s. Hierdie videoreeks is ontwikkel sodat jou kind die inhoud van vakke beter kan verstaan om só die regte vakke te kies.

Wat behels die #Vakkeuse-video’s?

Om te help verhoed dat ouers en kinders oningeligte besluite neem wat die kind se loopbaanmoontlikhede kan beperk, het Solidariteit se Skoliere-aanbod ʼn unieke hulpmiddel ontwikkel: 32 gratis vakkeuse-video’s spesiaal gemik op graad 9-leerders wat belangrike keuses moet maak.

Elke video gee jou kind ʼn duidelike oorsig van wat om van graad 10 tot 12 in elke betrokke vak te verwag. Wat behels die werk? Hoe lyk die eksamenvraestelle? Is die vak meer prakties of meer teoreties, of ʼn bietjie van beide? Hierdie video’s wys ook hoe die vak jou kind se studierigting ná skool kan beïnvloed. Of dit nou ʼn wetenskaplike, besigheids-, ingenieurs- of  ʼn kreatiewe rigting gaan wees – elke vak dra by tot die vorming van jou kind se toekoms.

Die nodige inligting sorg vir slim besluite

Dit is nie ongewoon dat kinders vakke kies op grond van invloede soos vriende, ouer broers of susters of bloot omdat hulle dink dit klink maklik of “lekker” nie. Sonder genoeg kennis oor wat die vak werklik behels of watter deure dit kan oopmaak, is dit egter maklik om die verkeerde vakke te kies, en dit kan later spyt of selfs onnodige struikelblokke veroorsaak.

Die #Vakkeuse-video’s gee jou kind die nodige insig om weldeurdagte, verantwoordelike besluite te neem – op ʼn gemaklike, toeganklike manier. Dit is soos om elke vak se “persoonlikheid” vooraf te leer ken, voordat jy jouself daartoe verbind.

Hoe werk dit?

As ouer speel jy ʼn belangrike ondersteuningsrol. Jy ken jou kind se sterkpunte, belangstellings en soms selfs hulle toekomsdrome beter as wat hulle self besef. Deur saam na Solidariteit se vakkeuse-video’s te kyk, skep jy nie net ʼn stewige grondslag vir ʼn belangrike besluit nie, maar bou jy ook aan vertroue en doelgerigtheid.

Al wat jy hoef te doen, is om ʼn gratis profiel vir jou kind op Solidariteit te skep. Sodra jou profiel geskep is, kry julle toegang tot die volledige reeks van 32 vakkeuse-video’s. Kyk dit saam as gesin of laat jou kind dit op hul eie tyd ontdek – die belangrikste is net om te begin.

Kies met selfvertroue; kies met insig

Ons kinders moet reeds op hoërskool belangrike loopbaankeuses maak. Daarom wil ons verseker dat ons kinders met die regte inligting bemagtig word en die nodige gereedskap het om die beste besluite oor hul loopbaan te neem.

Vakkeuses hoef nie ʼn raaisel of ʼn bron van stres te wees nie. Danksy Solidariteit se #Vakkeuse-video’s kry jou kind die nodige kennis en selfvertroue om ʼn toekomsgerigte besluit te neem – een wat by hul unieke belangstellings, sterkpunte en drome pas. Die regte vakkeuse kan die begin van ʼn lewe vol moontlikhede wees.

Skep dus vandag nog vir jou kind ʼn gratis profiel op Solidariteit en begin saam aan jou kind se toekoms bou danksy Solidariteit se Skoliere-aanbod.

Jou kind se toekoms begin vandag!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel