Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Die belangrikheid van geestelike gesondheid vir akademiese sukses
Deur Liza Joubert
Akademiese sukses word dikwels gesien as ʼn funksie van harde werk, toewyding en tydbestuur. Alhoewel hierdie faktore belangrik is, word die kritieke rol van geestelike welstand dikwels oor die hoof gesien. Studente ervaar intense druk om uit te blink, wat hulle kwesbaar maak vir stres, angs en uitbranding. Geestelike welstand is ʼn kernkomponent van akademiese prestasie, aangesien dit jou vermoë om te fokus, te leer en te presteer, beïnvloed. Om geestelik gesond te wees, stel studente in staat om stres beter te hanteer en gebalanseerd te bly, selfs tydens uitdagende tye.
Hier is praktiese wenke om jou geestelike gesondheid te handhaaf:
1. Skep ʼn gebalanseerde studieplan:
Dit is belangrik om jou werk in hanteerbare dele te verdeel. Stel haalbare doelwitte en neem gereelde pouses. Oorwerk lei dikwels tot uitbranding, wat jou geestelike en fisieke gesondheid negatief kan beïnvloed. Gebruik tydbestuurstegnieke soos die Pomodoro-tegniek om jou dag produktief en georganiseerd te hou. (Die Pomodoro-tegniek is ontwerp om produktiwiteit en fokus te verhoog deur afleidings te beperk en van energievlakke gedurende die dag te bestuur.)
2. Oefen gereeld:
Fisiese aktiwiteite en oefening is ʼn doeltreffende manier om stres te verminder en sommer ook jou bui te verbeter. Selfs ʼn kort stappie om die blok kan ʼn groot verskil maak. Oefening verhoog endorfiene, wat bekend staan as die “gelukhormoon,” en dit help om jou geestelike welstand te bevorder.
3. Mediteer en doen diep asemhalingsoefeninge:
Om te mediteer kan jou help om kalm en gefokus te bly. Spandeer net ʼn paar minute per dag om diep asem te haal en jou gedagtes te kalmeer. Daar is talle gratis apps beskikbaar wat meditasie- en asemhalingsoefeninge aanbied, wat dit maklik maak om in jou daaglikse roetine in te sluit.
4. Sosiale interaksie:
Om tyd saam met vriende en familie deur te bring, kan stres verminder. Sosiale ondersteuning speel ʼn noodsaaklike rol in die bevordering van jou geestelike welstand, aangesien dit jou help om jou probleme te deel en ondersteuning te kry.
Verskeie universiteite en kolleges bied gesondheidsprogramme aan wat op geestelike welstand fokus. Geestesgesondheid is nie net ʼn luuksheid nie, maar ʼn noodsaaklikheid vir akademiese sukses.
Solidariteit se Studente-aanbod is daaraan toegewyd om jou by staan sodat jy jou studie kan bemeester, en bied waardevolle hulpbronne en inhoud om studente te help om nie net akademies te presteer nie, maar ook geestelik gesond te bly.
Skakel in by jou #Studentelewe-groep op Solidariteit en word bemagtig om jou studie met lof te slaag.