loading
Artikels
1 dag gelede
die-borge-verseker-n-suksesvolle-2024-gholfdag-vir-solidariteit

Foto Krediet: Solidariteit

Dié borge verseker ʼn suksesvolle 2024-gholfdag vir Solidariteit

Die Solidariteit Regsnetwerk en Solidariteit Finansiesnetwerk se 2024-gholfdag was ʼn groot sukses danksy Mercedes Benz, CIBA en Virseker. Dié dag het ten doel om fondse in te samel vir behoeftige studente wat in hierdie rigtings wil studeer. Vanweë die sukses word nóg ʼn gholfdag in 2025 beplan. Lees hier meer oor hierdie suksesvolle dag en hoe jy of jou organisasie ook betrokke kan raak.


Deur Kyla-Ann du Toit

Elke bydrae tot die Solidariteit Regsnetwerk en die Solidariteit Finansiesnetwerk se 2024-gholfdag, ongeag hoe groot of klein, maak dit moontlik vir jong mense om hul roeping na te streef.

Die doel van die gholfdag was om fondse in te samel vir studente wat graag in hierdie rigtings wil studeer, maar finansiële ondersteuning benodig. Solidariteit wil graag die hoofborge bedank wat bygedra het tot die sukses van hul gholfdag wat in September 2024 aangebied is. Die gholfdag was só suksesvol dat die Solidariteit Regsnetwerk en die Solidariteit Finansiesnetwerk besluit het om in 2025 wéér ʼn gholfdag te reël.

“Die Solidariteit Regsnetwerk wil graag ons opregte dank uitspreek aan al die borge wat tot ons gholfdag in 2024 bygedra het,” sê Émil Glas, netwerkorganiseerder van dié beroepsnetwerk. “Julle ondersteuning het die sukses van die geleentheid verseker, en ons is innig dankbaar vir elke borg se toewyding om ons fondsinsameling vir behoeftige regstudente te ondersteun.”

Volgens Rickus Botha, netwerkorganiseerder van die Solidariteit Finansiesnetwerk, het die borge se betrokkenheid by hierdie dag beslis bygedra tot die droom dat almal wat wíl studeer, moet kán studeer sonder dat hulle finansiële omstandighede hierdie droom kelder.

“Ek wil namens die Solidariteit Finansiesnetwerk ook graag elke speler en borg opreg bedank vir hulle betrokkenheid by hierdie spesiale geleentheid – die eerste van sy soort, maar ook die eerste van nog vele meer,” sê Botha.

Borge wat ʼn verskil maak

Solidariteit bedank elkeen van die volgende hoofborge wat aktief by die 2024-gholfdag betrokke was:

  1. 1. Mercedes Benz: https://www.mercedes-benz.co.za/
  2. 2. Chartered Institute for Business Accountants (CIBA): https://myciba.org/
  3. 3. Virseker: https://www.virseker.co.za/

“Ons is opgewonde om julle ondersteuning in die toekoms te hê, en ons sien uit na vele jare van samewerking en gesamentlike sukses. Julle toewyding bemagtig werklik die toekoms van ons regsgemeenskap,” sê Glas.

Die Solidariteit Regsnetwerk en die Solidariteit Finansiesnetwerk is daarop toespits om hierdie beroepe te beskerm, loopbaangeleenthede vir jong mense te skep, as waghond toesig te hou oor die beroep en met werkbare oplossings vir uitdagings vorendag te kom.

Skep vandag nog jou Solidariteit-profiel en raak betrokke!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel