loading
Artikels
17 uur gelede
solidariteit-se-onderwysernetwerk-staan-kleuterzone-lede-by

Foto Krediet: Verskaf

Solidariteit se Onderwysernetwerk staan KleuterZone-lede by

Solidariteit ontvang talle navrae vanaf skoolhoofde, onderwysers en lede oor die KleuterZone-groep en beweerde bedrog en ontwykende gedrag van die groep se bestuur. Lees meer hieronder.


Johan Botha, hoof van die Onderwysernetwerk, sê hulle neem kennis van die likwidasieaansoek wat ingedien is, en van die groot onsekerheid en bekommernis wat heers by mense wat by kleuterskole verbonde aan die groep werksaam is.
“Ons moedig alle lede aan wat bekommerd is oor hoe KleuterZone se bedrywighede hulle raak, of wat vrae het oor die situasie, om met Solidariteit in verbinding te tree. Die belange van onderwysers en werknemers is ’n groot saak vir ons, en daarom wil ons toesien dat reg en billikheid seëvier,” sê Botha.
Solidariteit hou die situasie dop en sal die nodige ondersteuning en regsadvies rakende arbeidsregtelike kwessies gee waar dit benodig word en waar dit ons lede raak.
Solidariteit se Onderwysernetwerk sal ook voortgaan om aan lede te kommunikeer soos die situasie rondom KleuterZone ontvou.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel