loading
avatar
Artikels
3 dae gelede
die-eerste-miljoen-begin-nie-met-geld-nie

Foto Krediet: Okay Deer

Die eerste miljoen begin nie met geld nie

Deur Karen Waldeck

Het jy al gehoor mense sê: “Ek sou kon doen met ʼn miljoen”? As ek vandag vir jou R1 miljoen gee, sou dit jou lewe verander? Natuurlik sou dit jou hele lewe verander! Ons kan amper alles met geld koop, behalwe vir een ding: die een ding wat meer werd is as al die geld in die wêreld.

Tyd

Dit klink dalk soos iets wat jou ouers of dosente sou sê, maar die waarheid is dat tyd die een bate is wat jy nooit kan terugkoop nie. Geld wat jy verloor, kan jy weer verdien. Geleenthede wat jy misloop, kan dalk weer opduik. Maar die tyd wat verby is, is vir altyd weg.

Daarom begin jou eerste miljoen nie met geld nie. Dit begin met hoe jy jou tyd gebruik en bestuur.

Die waarde van lewenslange leer

Baie studente en jong werkendes maak die fout om te dink hulle moet eers suksesvol wees voordat hulle in hulself belê. In werklikheid is dit die teenoorgestelde. Die mense wat uiteindelik sukses bereik, is gewoonlik diegene wat vroeg begin leer, groei en netwerke bou lank voordat die groot salarisse of bestuursposisies kom.

Die arbeidsmark verander vinniger as ooit tevore. Vaardighede wat vandag waardevol is, kan oor vyf jaar verouderd wees. Daarom is lewenslange leer nie meer ʼn bonus nie – dis ʼn noodsaaklikheid.

Dink daaraan soos om rente op jou kennis te verdien. Elke nuwe vaardigheid, kursus of kwalifikasie bou voort op wat jy reeds weet. Met verloop van tyd begin daardie klein beleggings groot resultate oplewer.

Jy hoef nie te wag totdat jou werkgewer jou op ʼn kursus stuur of tot jy eendag genoeg geld weggesit het om self daarvoor te betaal nie. Dis waar Solidariteit se kursusse vir voortgesette leer inkom. Solidariteit-aanlyn bied nagenoeg 150 gratis kursusse vir lede om jou te help om jou kennis te verbreed en só jou volle potensiaal te bereik.

Die waarde van netwerke

Het jy al ooit die gesegde gehoor: “Jou netwerk bepaal jou netto waarde”? Alhoewel dit nie altyd letterlik waar is nie, steek daar baie waarheid daarin. Die meeste loopbaangeleenthede ontstaan nie omdat iemand die slimste persoon in die vertrek is nie. Dit gebeur omdat iemand die regte mense ken, sigbaar is en waardevolle verhoudings opgebou het.

Vir baie jong mense klink “netwerk” intimiderend. Hulle dink dit beteken om besigheidskaartjies uit te deel of ongemaklike gesprekke by funksies aan te knoop. In werklikheid begin netwerkvorming baie eenvoudiger.

Dit begin deur vrae te vra.

Dit begin deur deel te neem aan gesprekke, ongeag waaroor dit gaan.

Dit begin deur belangstelling in ander mense se werk en ervaring te toon.

Een van die maklikste maniere om hiermee te begin, is deur by ʼnberoepsnetwerk aan te sluit. Solidariteit het 11 beroepsnetwerke wat daarop toegespits is om die beroep te beskerm, loopbaangeleenthede vir jong mense te skep, as waghond oor die beroep op te tree, en met werkbare oplossings vir uitdagings vorendag te kom.

Solidariteit weet ons is sterker wanneer ons saamstaan. Lees hier meer oor die waarde van beroepsnetwerke en hoe dit jou loopbaan kan versterk.

Begin vandag aan jou toekoms bou

Jou eerste miljoen begin nie met geld nie. Dit begin met tyd wat reg bestuur word, kennis wat voortdurend uitgebrei word en verhoudings wat doelbewus opgebou word.

So, as jy aan jou toekoms wil begin bou, moenie fokus op hoe vinnig jy geld kan maak nie. Fokus eerder op hoe vinnig jy kan leer, groei en netwerke kan bou.

Die beste tyd om dit te doen is vandag!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel