
Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Die Leuenverklikker: Betroubare inligting oor kritieke Suid-Afrikaanse kwessies op Solidariteit se Studeerkamer
Deur Reon Janse van Rensburg
Solidariteit se Studeerkamer is ʼn digitale platform wat ʼn skatkis van waardevolle hulpbronne vir Solidariteit-lede en die breër Afrikaanse gemeenskap bied. Een van die inisiatiewe op die Studeerkamer, geloods deur die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), is “Die Leuenverklikker”. Hierdie inisiatief gee ʼn kritiese blik op aktuele kwessies wat die Suid-Afrikaanse samelewing en ekonomie raak.
Solidariteit, ʼn toonaangewende organisasie in Suid-Afrika wat daarna streef om ʼn gemeenskap te skep waar die wat wíl werk, kán werk, is bekend vir sy toewyding aan die bevordering van regte, belange en die welstand van sy lede en die gemeenskap as geheel. Die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), gestig in 2010, is ʼn sentrale deel van Solidariteit se inisiatiewe. Die SNI bestaan uit ʼn toegewyde span wat deeglike navorsing en beroepspesifieke ontledings lewer. Hierdie inligting bemagtig individue om ingeligte besluite te neem en suksesvolle loopbane te bou.
“Die Leuenverklikker” bied ʼn dieper analise van kwessies soos Swart Ekonomiese Bemagtiging, Grondonteiening, die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV), wit welvaart, en diensbillikheid. Hierdie videoreeks is ontwerp om insig te bied en gesprekke te stimuleer wat dikwels in die openbaar vermy word.
Solidariteit se lede kan direk voordeel trek uit hierdie inisiatief met toegang tot die Studeerkamer se bronne en inligting wat help om hulle begrip van komplekse sosio-ekonomiese kwessies te verdiep. Daarbenewens bied Solidariteit ʼn wye verskeidenheid dienste aan wat lede ondersteun:
Werkbeskerming: Solidariteit beskerm die regte van werkers deur advies en ondersteuning in arbeidsverhoudingskwessies.
Loopbaanadvies: Lede kan gebruik maak van loopbaanadvies om hul loopbaanontwikkeling te bevorder.
Regsadvies: Solidariteit se Dienssentrum bied telefoniese regsadvies oor arbeidswetgewing, kontrakte, en ander regskwessies wat werknemers mag raak.
Regsadvies en Dienssentrum: Vir gemaklike toegang tot inligting en ondersteuning, kan Solidariteit-lede die Dienssentrum kontak by 0861 25 24 23 of vir hulle e-pos stuur na diens@solidariteit.co.za.
Wees ingelig oor hierdie belangrike kwessies en kyk dié videoreeks op Solidariteit se Studeerkamer. Skep jou gratis profiel op Solidariteit, jou eenstopplatform vir werk en leer. Sodra jou profiel geskep is, navigeer op die kieslys na “Studeerkamer”, waar jy hierdie videoreeks sal aantref.