Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Solidariteit skep ʼn netwerk vir jou
Solidariteit is ʼn aanlyn werksgemeenskap waar jy tuis kan voel in jou beroep, met ander kundiges kan netwerk en ʼn verskil kan maak vir die volgende generasie.
Solidariteit Aanlyn spits homself toe om jou beroep te beskerm, loopbaangeleenthede vir jong mense te skep, as waghond toesig te hou oor die beroep, en met werkbare oplossings vir uitdagings vorendag te kom.
Beroepsnetwerklede het die geleentheid om kollektief by die behoud, uitbouing en volhoubaarheid van hul bepaalde beroep betrokke te raak. Gemeenskaplike waardes gee aan elke netwerklid iets om in te glo, asook ʼn aanlyn gemeenskap om terug te ploeg en kennis te deel deur netwerkgeleenthede, werkskepping of mentorskapprogramme.
Solidariteit se netwerke stel jou ook in staat om in jou beroep te floreer, en dít in Afrikaans. Ons bied aan jou die geleentheid waar jy deel kan wees van ʼn selfstandige netwerk waar jy nie net tuis sal voel nie, maar waar jy ook bemagtig sal word om verantwoordelikheid vir jou toekoms en dié van ʼn volgende geslag te aanvaar.
Lede op het toegang tot die volgende aanbod:
Werkfasilitering: Solidariteit Aanlyn bied werkfasilitering aan waar die gemeenskap mekaar kan help met werk. Hier kan jy jou CV oplaai, aansoek doen vir werk of beskikbare poste adverteer, en dit alles op ‘n wêreldklasstelsel.
Werkbeskerming: Jou werk is jou toekoms. Solidariteit beskerm jou teen diskriminasie en uitbuiting in die werkplek. Op Solidariteit Aanlyn het jou ook nou toegang tot ‘n Afrikaanse KI-assistent wat regstaan om jou met arbeidsverwante vrae te adviseer Lees meer hier oor sake wat Solidariteit in 2025 namens sy lede aangepak het.
Indien jy die volledige aanbod wil besigtig, klik hier en word deel van die grootste Afrikaanse netwerk van werk ter wêreld.