loading
avatar
Artikels
1 dag gelede
solidariteit-ontgin-meer-as-r284-miljoen-vir-lede-in-2025

Foto Krediet: Solidariteit

Solidariteit ontgin meer as R284 miljoen vir lede in 2025

Deur Robin-Lee Maré

Vir Solidariteit staan 2025 uit as ʼn absolute mylpaaljaar.

Hierdie jaar is lede soos nog nooit tevore gehelp op maniere wat nét Solidariteit-lidmaatskap jou bied.

Hier aan die einde van die jaar kan Solidariteit die volgende syfers met trots aankondig: ʼn Somtotaal van R284 728 775,49 is hierdie jaar vir lede verhaal deur arbeidsake of beroepsgesondheidseise. Terwyl hierdie bedrag die lede tereg toegekom het, dien dit vir Solidariteit ook as ʼn onteenseglike bewys van hoe deursettingsvermoë, kundigheid en ʼn verbintenis tot diens aan sy lede vrugte afwerp.

R203,9 miljoen in Beroepsgesondheid en -veiligheid-eise uitbetaal

Solidariteit se afdeling vir Beroepsgesondheid en -veiligheid (BGV) het ʼn verstommende R203 911 207,49 vir lede geëis. Hierdie eise sluit onder meer lewenslange pensioene in, wat bereken word vanaf die datum van diagnose of besering tot op 80-jarige ouderdom. Dit is van toepassing wanneer ʼn lid ʼn beroepsiekte of ernstige besering aan diens opdoen en permanent ongeskik verklaar word.

Hierdie fondse verteenwoordig werklike mense met werklike stories:

  • ʼn SAPD-lid wat sy been en ʼn vinger verloor het tydens ʼn gewapende konfrontasie met misdadigers.
  • ʼn Lid wat ernstige handbeserings opgedoen het nadat hy by die werk deur ʼn hond aangeval is.
  • Verskeie ander lede wat werksverwante siektes of beserings opgedoen het as gevolg van hul diens.

Elke eis is ʼn bewys van Solidariteit se verbintenis om te veg vir geregtigheid en vergoeding vir diegene wat hul werk met toewyding doen.

R80,8 miljoen in regsdienste: van arbeidshof tot litigasie

Solidariteit se Regsdienste-afdeling het ook ʼn uitsonderlike jaar beleef. In 2025 is:

  • R27 112 123,90 deur middel van die arbeidshof verhaal; én
  • R53 705 445,01 deur algemene litigasie aan lede uitbetaal.

Dit bring die totale bedrag wat deur Regsdienste alleen verhaal is op R80 817 568 te staan.

Hierdie sake wissel van klein tot groot, van onregmatige afdanking weens ongegronde bewerings tot rassediskriminasie in die werkplek. Dit weerspieël Solidariteit se rol as ʼn waghond vir reg en geregtigheid by die werk. Wanneer lede onreg ervaar, tree Solidariteit in – standvastig, gedissiplineerd en met uitslae wat vanself spreek.

ʼn Jaar van oorwinnings – en ʼn sterk waarskuwing

Die totaal van R284 728 775,49 vir 2025 bewys dat Solidariteit nie net práát oor beskerming nie, hulle lewer resultate. Elke eis verteenwoordig ʼn werknemer wat nie versaak is nie, ʼn lid wat gehoor is, ʼn onreg wat reggestel is.

Dít is eerstens wat Solidariteit-lidmaatskap beteken.

Moenie op jou laat wag nie – begin 2026 reg

As jy nog nie ʼn lid is nie, is dít jou teken.

Vir slegs R204 per maand kan jy jou werk, jou regte en jou inkomste beskerm.
In privaat praktyk sou jy minstens R2 000 per uur vir ʼn prokureur betaal het – maar as Solidariteit-lid ontvang jy daardie beskerming sonder die reusepryskaartjie.

Klik hier en sluit vandag nog aan by Solidariteit.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel