loading
Artikels
2 jaar gelede
die-onderwysernetwerk-is-jou-tuiste

Foto Krediet: OkayDeer

Die Onderwysernetwerk is jou tuiste

Deur Maryna Eksteen

Die onderwysberoep in Suid-Afrika is onder enorme druk. Geweldige frustrasie word deur beide onderwysers en ouers ondervind wanneer dit by die staat se idees en die onderwysberoep kom. Hierdie druk kan oorspoel na alle aspekte van die onderwys – van gesoute onderwysers tot studente ervaar onsekerheid en bekommernis oor die toekoms van die onderwysberoep.

Solidariteit se Onderwysernetwerk bied antwoorde op hierdie uitdagings. Dié netwerk het ten doel om vir Afrikaanse onderwysers ‘n tuiste te skep waar lede mekaar kan ondersteun, die beroep kan beskerm en vir jongmense die geleentheid kan bied om hierdie beroep suksesvol te betree. Die Onderwysernetwerk takel onderwysaangeleenthede wat veral Afrikaanse onderwysers raak, insluitende diensvoorwaardes, die behoud van beheerliggaamposte en die verlening van arbeidsregtelike advies en bystand aan onderwysers.

By Solidariteit verstaan ons dat onderwys ʼn roeping is, en dit is juis om daardie rede dat die beroep vir ons van kardinale belang is. Onderwysers word ongelukkig dikwels ondermyn of misgekyk omdat die samelewing nie werklik die harde werk van ‘n onderwyser verstaan nie. Leer meer hier.

In 2019 moes Elana Barkhuizen, ʼn voormalige onderwyser aan Laerskool Schweizer-Reneke, noodgedwonge skorsing in die gesig staar weens vals aantygings van rassisme. Anneke Smit, ʼn onderwyser aan Hoërskool Montana, is in 2021 geskors nadat sy ook valslik van rassisme beskuldig is. Beide Barkhuizen en Smit is in ʼn herrie gedompel, maar het met die ondersteuning van Solidariteit se Onderwysernetwerk die stryd teen rasmalheid oorwin. Die emosionele impak hiervan moet egter nie onderskat word nie.

Die Onderwysernetwerk bied ook jaarliks die Onderwyser van die Jaar-kompetisie aan om erkenning te gee aan uitmuntende onderwysers. Hierdie erkenning kan ook deure oopmaak vir onderwysers in die onderwysberoep.

Indien jy nog nie deel is van die Onderwysernetwerk nie, klik hier om lid te word. Wees vry, veilig en voorspoedig in jou beroep. Werk ʼn toekoms oop met Solidariteit.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel