loading
Artikels
1 jaar gelede
die-solidariteit-it-netwerk-die-toekoms-van-tegnologie-in-jou-hande

Foto Krediet: OkayDeer

Die Solidariteit IT-netwerk: Die toekoms van tegnologie in jou hande

Deur Maryna Eksteen

“Solidariteit het ʼn plek van samekoms gebou vir ʼn gemeenskap wat verenig is in die oortuiging dat hul sukses in ʼn gemeenskap en kultuur van Helpmekaar lê. Dié gemeenskap is nêrens anders as aan die suidpunt van Afrika nie en hul fondasie is gebou op Westerse waardes en ʼn diep waardering vir die tradisies en erfenis wat hul identiteit definieer. Daardie gemeenskap bestaan uit my en jou en kan gevind word op Solidariteit,” – Dr. Dirk Hermann, Bestuurshoof van Solidariteit.

ʼn Suksesvolle loopbaan in die IT-bedryf lê nie net in jou praktiese ervaring nie, maar ook in ʼn sterk beroepsnetwerk en mentorskapgeleenthede. Jy kan deel wees van ʼn mentorskapprogram waar jy ʼn mentor vir nuwelinge in die beroepsveld kan wees deur jou kennis en vaardighede met hulle te deel. Lede van die netwerk kan self ook waardevolle insigte by die netwerk opdoen.

Solidariteit se IT-netwerk verbind hom daartoe om aan die voorpunt van ontwikkeling in die IT- wêreld te bly deur voortdurend navorsing te doen. Die IT-netwerk staan op die voorpunt van die beroep en tree ook as waghond op om jou beroep te beskerm.

Die IT-bedryf is besig om teen ʼn vinnige pas te groei en dit is belangrik dat mense betrokke raak by ʼn netwerk om saam te kan leer en te ontwikkel. Die beroep vereis dat ʼn mens altyd jouself moet verbeter en die wil netwerk help met hierdie proses deur ons lede by netwerkgeleenthede betrokke te kry waar hulle meer kan leer en addisionele vaardighede kan ontwikkel om hulself te verbeter. Die IT-netwerk is uniek en nog aan die begin fase dus is daar baie ruimte vir groei. Dít maak dit opwindend vir lede om te sien wat nog gaan gebeur binne die netwerk,” sê Dirk Smit, netwerkorganiseerder.

Solidariteit se IT-netwerk word gedryf deur sy visie van groei, samewerking en sukses vir die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskap. Ons nooi jou uit om deel te wees van hierdie opwindende beweging en saam met ons te werk aan ʼn vry, veilige en voorspoedige toekoms.

As jy in ʼn beroep in die IT-bedryf staan en strewe na sukses en groei in jou loopbaan, sluit vandag nog by die Solidariteit IT-netwerk aan. Hier wag geleenthede en ondersteuning op jou wat jou loopbaan tot nuwe hoogtes sal voer. Ontdek jou Afrikaanse werkgemeenskap en #RaakTuis by Solidariteit se IT-netwerk.

Een van die unieke kenmerke wat Solidariteit se aanlyn gemeenskap jou bied, is dat dit die eerste gemeenskapplatform in Afrikaans is wat ʼn volledige aanbod van werkgeleenthede, werkbeskerming en voortgesette leer vir sy lede bied. Hierdie gemeenskaplike visie van ʼn positiewe werkomgewing en netwerk benut die krag van ʼn gemeenskap om mekaar te bemagtig.

Klik hier om vandag nog deel te word van jou aanlyn beroepstuiste.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel