loading
Artikels
2 jaar gelede
die-solidariteit-onderwysernetwerk-is-jou-beroepstuiste

Foto Krediet: OkayDeer

Die Solidariteit Onderwysernetwerk is jou beroepstuiste

Deur Maryna Eksteen

Die Solidariteit Onderwysernetwerk is ʼn beroepstuiste waar onderwysers bymekaar kan kom om aan ʼn vry, veilige en voorspoedige toekoms te bou. Solidariteit het in ʼn Netwerk van Werk omvorm wat ten doel het om die volle loopbaanpad saam met sy lede te stap.

Die verskillende werkinstellings wat die afgelope 20 jaar deur Solidariteit se Netwerk van Werk gebou is, is só aan mekaar gekoppel dat dit die eenstopplek vir werk vir sy lede kan wees.

Die Onderwysernetwerk is ʼn unieke beroepsnetwerk omdat dit ʼn reeks beroepspesifieke voordele aan onderwysers bied. Hierdie voordele sluit onder andere in om aan onderwysers die geleentheid te bied om hulself te bemagtig, om aan hulle en hulle leerders se toekoms te bou en om in die beroep beskerm te word.

Onderwysers kan hulself bemagtig deur van Solidariteit se Skoleondersteuningsentrum (SOS) se raadsale (vakverenigings) gebruik te maak. As ʼn lid van die Solidariteit Onderwysernetwerk kwalifiseer jy vir gratis lidmaatskap by al 15 van die SOS se raadsale. Onderwysers word ook die geleentheid gebied om van die Wolkskool se inhoud gebruik te maak. Die Wolkskool is ʼn aanlyn leerplatform, ontwikkel deur die Skoleondersteuningsentrum, wat bestaan uit ʼn reeks video’s, werkkaarte, assesserings en elektroniese handboeke wat aanvullend is tot skoolonderrig. Onderwysers gaan ook toegang kry tot die SOS se splinternuwe vraagbank waar jy toetse en vraestelle kan gebruik wat reeds gemodereerde vrae bevat. Die vraagbank is van wêreldklasgehalte binne die KABV-kurrikulum gebou en is uiteengesit om self die vraestelle en assesserings te merk.

As ʼn lid van die Solidariteit Onderwysernetwerk ontvang jy 20%-afslag by SOS se nasionale kongres, gratis bywoning van alle SOS-seminare (tans R250 per persoon) en gratis opleiding by Solidariteit Leer asook afslag vir kredietdraende kwalifikasies.

Solidariteit se arbeidsregsadviseurs staan ook gereed om eerstehandse regsadvies aan lede te bied. Die arbeidsregsadviseurs is dikwels in staat om onmiddellike arbeidsregtelike kwessies in die werkplek op te los deur deurslaggewende advies aan lede te verskaf om hulle te beskerm.

In 2019 is Elana Barkhuizen, ʼn voormalige onderwyser aan Laerskool Schweizer-Reneke, summier geskors nadat vals aantygings van rassisme teen haar gebring is. Anneke Smit, ʼn onderwyser aan Hoërskool Montana, is in 2021 geskors nadat sy ook valslik van rassisme beskuldig is. Beide Barkhuizen en Smit is in ʼn herrie gedompel, maar het met die ondersteuning van Solidariteit die stryd teen rasmalheid oorwin.

Met die geleenthede wat die Solidariteit Onderwysernetwerk bied kan onderwysers met ander kundiges in die onderwysberoep skouers skuur en bande bou. Die #Onderwysernetwerk is die eenstopplek vir jou loopbaan.

Raak deel van ʼn gemeenskap waar jy altyd tuis in Afrikaans kan wees, want saam kan ons vry, veilig en voorspoedig wees. Indien jy nie ʼn lid van die Solidariteit Onderwysernetwerk is nie, klik hier en sluit vandag nog aan.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel