loading
Artikels
2 weke gelede
die-solidariteit-skoleondersteuningsentrum-brei-uit-met-twee-nuwe-raadsale

Foto Krediet: OkayDeer

Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum brei uit met twee nuwe raadsale

Deur Leré Nel

Die Solidariteit Onderwysernetwerk is ʼn beroepsgemeenskap waar onderwysers saam aan ʼn vry, veilige en voorspoedige toekoms kan bou. Dié unieke netwerk bied ʼn reeks beroepspesifieke voordele, soos gratis lidmaatskap aan die raadsale (vakverenigings) van Solidariteit se Skoleondersteuningsentrum (SOS). As ʼn lid van die Solidariteit Onderwysernetwerk kry jy toegang tot al 17 van die SOS-raadsale, insluitend die twee nuutste toevoegings: die Landbou Onderwysvereniging en SOS Netwerkskole.

Onderwysers kry ook toegang tot die splinternuwe SOS-vraagbank. Hierdie vraagbank bied ʼn omvattende versameling van reeds gemodereerde vrae vir toetse en vraestelle – alles binne die raamwerk van die KABV-kurrikulum. Die vraagbank is nie net van wêreldklas gehalte nie, maar ook ontwerp om self die assesserings en vraestelle te merk. Onderwysers ontvang ook 20%-afslag by die nasionale SOS-kongres, gratis bywoning van alle SOS-seminare (tans R250 per persoon) en gratis opleiding by Solidariteit onder die Leer-aanbod op hulle platform. Om ʼn SOS-profiel te skep is so maklik soos bal skop op die rugbyveld. Hier volg ʼn paar stappe:

Stap 1: Besoek die Wolkskool-webwerf by https://wolkskool.co.za/.
Stap 2: Klik op “Sluit aan”.


Stap 3: Klik op die “Onderwyser”-opsie en voltooi die nodige inligting.


Stap 4: Klik onder op “Skep rekening”.


Stap 5: Vul die nodige inligting in en klik op “Stoor”. As jou skool se naam nie dadelik op die lys verskyn nie, gebruik die “Kies jou skool”-veld om dit in te tik en te soek.


Stap 6: Kies ʼn graad van jou keuse (jy kan enige tyd tussen grade wissel).


Stap 7: Klik aan die linkerkant op “My raadsale” om by ʼn vakvereniging aan te sluit, en toegang tot ons 2025-verenigings en hulpbronne te verkry.


Stap 8: Kies “Sluit aan by ʼn raadsaal”. Let wel: slegs onderwysers het toegang tot raadsale; leerders het nie toegang nie.


Stap 9: Die volgende skerm sal dan aan die regterkant verskyn.


Stap 10: Tik die toepaslike raadsaalkode (sien onder) in en klik op “Sluit aan”.

Die Solidariteit Onderwysernetwerk bied ʼn plek waar onderwysers met ander kundiges in die onderwysberoep kan skakel, hul kennis kan uitbrei en waardevolle bande kan bou. Bly dus ingeskakel by die Solidariteit Onderwysernetwerk – die eenstop-bestemming vir jou loopbaan.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel