loading
avatar
Artikels
2 jaar gelede
die-solidariteit-skoleondersteuningsentrum-waar-onderwysers-bemagtig-word

Foto Krediet: OkayDeer

Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum, waar onderwysers bemagtig word

Deur Maryna Eksteen

Die Solidariteit Onderwysernetwerk is ʼn beroepstuiste waar onderwysers bymekaar kan kom om saam aan ʼn vry, veilige en voorspoedige toekoms te bou. Dié netwerk is ʼn unieke beroepsnetwerk wat ʼn reeks beroepspesifieke voordele aan onderwysers bied. Hierdie voordele sluit onder andere in dat dit onderwysers die geleentheid bied om hulself te bemagtig, om aan hulle en hulle leerders se toekoms te bou en om in die beroep beskerm te word.

Onderwysers kan hulself bemagtig deur van Solidariteit se Skoleondersteuningsentrum (SOS) se raadsale (vakverenigings) gebruik te maak. As ʼn lid van die Solidariteit Onderwysernetwerk kwalifiseer jy vir gratis lidmaatskap by al 15 van die SOS se raadsale.

Onderwysers kry ook toegang tot die SOS se splinternuwe vraagbank waar jy toetse en vraestelle kan gebruik wat reeds gemodereerde vrae bevat. Die vraagbank is van wêreldklas gehalte binne die KABV-kurrikulum gebou en is uiteengesit om self die vraestelle en assesserings te merk. Onderwysers ontvang ook 20%-afslag by die SOS se nasionale kongres, gratis bywoning van alle SOS-seminare (tans R250 per persoon) en gratis opleiding by Solidariteit se voortgesette leer.

Om ʼn profiel op SOS te skep is so maklik soos bal skop op die rugbyveld. Hier volg ʼn paar stappe.

Stap 1: Besoek die Wolkskool se webwerf by https://wolkskool.co.za/   

Stap 2: Klik op “Sluit aan”

Stap 3: Klik op die “Onderwyser” opsie en vul die nodige inligting in.

 Stap 4: Klik onder op “Skep rekening”

Stap 5: Vul die nodige inligting in en klik onder op “Stoor”. As jou skoolnaam nie dadelik op die lys verskyn nie, tik dit in by die  “Kies jou skool”-veld om dit te vind.

Stap 6: Kies ʼn graad van jou keuse (jy kan enige tyd tussen grade wissel)

Stap 7: Om by Raadsale (Vakverenigings) aan te sluit en toegang tot ons 2023 verenigings en hulpbronne te verkry, klik op “My raadsale” aan die linkerkant.

Stap 8: Kies dan “Sluit aan by ʼn raadsaal”. Raadsale is slegs vir onderwysers en geen leerder het toegang tot ’n raadsaal nie.

Stap 9: Die volgende skerm sal dan aan die regterkant verskyn.

Stap 10: Vul die raadsaalkode (sien onder) van die Raadsaal (Vakvereniging) waarby jy wil aansluit in en klik op “Sluit aan”.

Met die geleenthede wat die Solidariteit Onderwysernetwerk bied kan onderwysers met ander kundiges in die onderwysberoep skouers skuur en bande bou. Die #Onderwysernetwerk is die eenstopplek vir jou loopbaan.

#RaakTuis by Solidariteit. Klik hier om vandag nog aan te sluit.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel