loading
Artikels
6 maande gelede
die-toekoms-van-die-kerk-loop-deur-die-skoolbanke

Foto Krediet: Verskaf

Die toekoms van die kerk loop deur die skoolbanke

“Dit is nou tyd om voor God en die wêreld te doen wat ons glo reg is.”

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, het ʼn dringende ope brief aan kerke gerig waarin hy ʼn oproep op hulle doen om saam te staan teen die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette (Bela).

Die Bela-wet, soos dit kortweg bekendstaan, beïnvloed nie net hoe tale en toelatings van leerders in skole beheer word nie, maar kan ook ingryp in hóé Christelike waardes en tradisies aan ons kinders oorgedra word.

Volgens Buys loop die toekoms van die kerk deur die skoolbanke.

Hierdie wet het die potensiaal om die vryheid van gemeenskappe, ouers en skole te beperk om ons kosbare kultuur, taal, en geloof aan die jonger geslag oor te dra. Vir Christen-gemeenskappe is dit ʼn ernstige saak wat hul betrokkenheid vereis om te voorkom dat hul erfenis in gevaar gestel word.

In hierdie brief beklemtoon Buys die kerk se historiese rol in opvoeding en die belangrikheid daarvan om tradisies en waardes aan die volgende geslag oor te dra. Hy waarsku dat die Bela-wysigingswet die mag oor skoolbeleid sentraliseer en dat dit kinders van Christelike beginsels kan vervreem. Deur ʼn beroep te doen op kerkleiers vra Buys dat hulle aktief betrokke raak en hierdie onreg teenstaan om die toekoms van Afrikaanse skole en die Afrikaanse kultuur te beskerm.

Om Buys se volledige brief te lees, klik hier.

Dit is in krisistye soos dié wat ons voorouers keer op keer hulle hakke ingeslaan het, vasgeskop en teen onreg opgestaan het. Op 5 November doen ons dit weer omdat ons glo dit is reg en omdat ons glo ons word geroep om ter wille van ons kinders vir ons kosbare geloof, taal en kultuur te veg – om te veg vir dit waarvan ons kinders beroof word. 

Los ons kinders uit!

Tref reëlings vir jou deelname aan die massaprotes teen Bela. Klik hier.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel