loading
Artikels
1 jaar gelede
die-voortrekkermonument-vier-kersfees-in-afrikaans

Foto Krediet: Verskaf

Die Voortrekkermonument vier Kersfees in Afrikaans!

Deur Maryna Eksteen

Die Kersseisoen is sonder twyfel een van die lekkerste tye van die jaar. Dit is ʼn tyd waar ons geskenke in die vorm van liefde en tyd kan gee en ontvang. Dit is ʼn tyd vir lag en gesels. Dalk speel van ons ʼn speletjie of twee terwyl ander die Kersfeesboom uitpak om dit te versier. Dit maak nie saak wat ons doen nie, ons doen dit in oorgawe saam met die mense wat ons lief het.

Die Voortrekkermonument hou van 8 tot 16 Desember die grootse Geloftefees van die jaar om die gelofte wat ons voorvaders gemaak het, te eerbiedig. Saam met dié belofte vier dié monument ook die geboorte van Jesus Christus. Nie net het Hy ons volk gered in die Slag van Bloedrivier nie, maar ook so met sy geboorte wat gelei het tot sy kruisiging.

Buiten ons opgewondenheid oor die seisoen opsigself kan ons ook opgewonde raak oor die nuwe jaar wat voorlê, maar geen Kersfees kan geskied sonder ʼn Kersmark en Kersliedere nie.

Die Koop Kersmark word deur die Dameskring aangebied en beloof om vol opwinding en baie tierlantyntjieste wees. Die mark bied ʼn unieke inkopie-ervaring wat jou eenstop-bestemming vir enige geskenk is. Die Kersmark bied die perfekte geleentheid vir jou om ʼn paar oorspronklike geskenke vir jou familie en vriende vir Kersfees, verjaarsdae of dalk ʼn afskeidsgeskenk vir ʼn onderwyser aan te skaf. Selfs jou hondekinders kan uitsien na ʼn geskenkie of twee.

Na afloop van die Kersmark kan jy die aand verder geniet met pragtige liedere begelei deur die Canendo Project Choir en ʼn koperblaaskwintet. ʼn Beter Kersfees-atmosfeer sal jy nie sommer op ʼn ander plek kry nie.

Registreer vandag nog jou en jou gesin se plek vir dié feestelike geleentheid. Jy wil dit nie misloop nie. Klik hier om jou kaartjie vir die Gelofte-week te koop. Trek jou mooiste rooi aan en bring die Kersfees-gees om saam met ons die Kersseisoen te vier.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel