loading
Blogs
9 uur gelede
dit-is-verkeerd-om-rassewette-te-aanvaar

Foto Krediet: OkayDeer

Dit is verkeerd om rassewette te aanvaar

Pieter Jordaan

Werkgewers wat sonder weerstand of uit vrees die knie voor dreigende rasregulasies en -reëls buig, gee hierdie groeiende en donker euwel onnodig sonlig, water en ʼn veel langer lewe.

Solidariteit se verskerpte aanslag teen rassewette oor die algemeen, en teen die pas gepubliseerde regulasies daaroor spesifiek, skep ʼn geleentheid vir werknemers om hulle posisie daaroor te hersien.

Pleks daarvan om as gevolg van intimidasie aan hierdie onreg deel te neem, kan werkgewers Solidariteit se deeglik beplande stryd daarteen op ʼn verskeidenheid van maniere ondersteun.

Raak betrokke by die veldtog!

Deur betrokke te raak staan werkgewers nie alleen in hierdie stryd nie en is gemeenskappe wat hierdeur geraak word gesamentlik sterker.

Om die rasse-onreg immers net te aanvaar, bloot omdat dit in die Staatskoerant gepubliseer is, is steeds verkeerd. Die sluier is gelig en die tyd is verby wat hierdie onreg agter vrome woorde soos transformasie en regstelling kan skuil.

Solidariteit se hoof van regsake, Anton van der Bijl, sê sonder enige huiwering dat hierdie ʼn stryd is wat gestry móét word.

“Alhoewel hierdie rasregulasies dalk tydelik die reg is, beteken nie dat dit reg óf rasioneel is nie,” sit hy dit eenvoudig uiteen.

Daarmee moet Suid-Afrikaanse werkgewers gewaarsku word om nie sonder ernstige heroorweging gehoor te gee aan die rastelkaarte waarmee die regerende rasbende wit werknemers uit die werkplek wil dwing nie.

Om dit te wil afdwing is natuurlik bowenal rassisties, maar dit staan ook in stryd met ʼn hofbevel wat in Oktober 2023 oor hierdie einste regulasies gemaak is.

Volgens die hofbevel móét die regulasies voorwaardes bevat wat in ʼn Solidariteit-skikking met die regering oor rassewette staan.

Die regering het dit doelbewus uitgelaat toe hy nou sy regulasies gepubliseer het, en daarom word die regering, en pres. Cyril Ramaphosa as regeringshoof, van minagting van die hof beskuldig.

Solidariteit neem dus onmiddellik aksie teen hierdie kansvat-regulasies én teen diegene wat daarvoor verantwoordelik is.

Sonder sulke aksie sal die regering oor vyf maande van nou regstellendeaksieplanne van werkgewers eis wat stel dat daar aan al húlle regulasies voldoen moet word.

Dit sluit sektortelkaarte in wat rasseverteenwoordiging vra waaraan geen werkgewer sal kan voldoen nie.

Solidariteit sê daarom hy gaan hierdie onreg stuit. Ons het duisende werkgewers se steun nodig sodat dit in die kiem gesmoor kan word, nog vóór September se sperdatum daarvoor aanbreek.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel