loading
Artikels
1 jaar gelede
dokters-kan-tuisvoel-by-solidariteit

Foto Krediet: Solidariteit

Dokters kan tuisvoel by Solidariteit

Deur Maryna Eksteen

“Daar is ʼn gemeenskap van dokters aan die suidpunt van Afrika wat die geloof deel dat hul sukses in gemeenskapskrag en ʼn kultuur van #ElkeenHelpEen lê. Hierdie gemeenskap is gebou op ʼn fondasie van gedeelde Westerse waardes en ʼn diepgewortelde waardering vir die tradisies en erfenis wat hul identiteit definieer.

Die wese van hierdie gemeenskap van dokters lê in sy passie vir opvoeding, opleiding en die geloofsoortuiging dat werk adel is. Dit is gedagtig hieraan dat Solidariteit ʼn splinternuwe aanlyn bymekaarkomplek gebou het, wat ontwerp is om die Afrikaner-kultuurgemeenskap op hul reis na ʼn vry, veilige en voorspoedige toekoms te bemagtig en te ondersteun,” – Dr. Dirk Hermann, Bestuurshoof van Solidariteit.

Solidariteit se Doktersnetwerk bestaan uit ʼn gemeenskap van dokters wat saamstaan, beskerm en bemagtig word, én aan die toekoms vir die volgende generasie bou. Die Doktersnetwerk takel mediese aangeleenthede wat Afrikaanse dokters raak, insluitende diensvoorwaardes, behoud van beheerliggaamposte en die verlening van arbeidsreg-advies en -bystand. Lees hier meer oor Solidariteit se Doktersnetwerk.   

As dokter is jy ʼn voorbeeld vir die volgende generasie (ons kinders), en dit is óns taak om jóú te ondersteun sodat jy jou roeping kan uitleef. Dokters speel ʼn onvervangbare rol in die gemeenskap se gesondheidsorg en vorm deel van die jonger generasie se fondasie vir sukses. Om ʼn dokter te wees, verg nie net om elke dag by die werk op te daag nie, maar ook passie, omgee, geduld en vasberadenheid.

Dokters staan dikwels in ʼn geïsoleerde posisie, waar pasiënte nie altyd verstaan dat jy ook net ʼn mens is nie. Jy bring positiwiteit na ʼn omgewing wat met politiek belaai is en ekonomiese uitdagings het, en nie almal is altyd gewillig om hulp aan te bied nie.

Solidariteit se Doktersnetwerk verstaan hierdie uitdagings en het spesifieke voordele en opleidingsgeleenthede ontwikkel om jou in jou daaglikse stryd te ondersteun. Klik hier om meer te lees oor die voordele wat jy as ʼn mediese praktisyn kan ontsluit.

By Solidariteit kan jy daarvan seker wees dat jy jouself met ander wat dieselfde waardes en identiteit deel, kan identifiseer en aan hulle verbonde voel. Ons waarborg ook ʼn veilige en betroubare manier van identiteitsbevestiging binne dié gemeenskap. Jy behoort hiér waar ons daarna streef om ʼn gemeenskap van ondersteuning en samewerking te bou waarin elke lid ʼn gevoel van ek-behoort en betrokkenheid kan ervaar. Ons bied ook verskeie geleenthede vir interaksie en betrokkenheid binne die gemeenskap.

Ontdek jou Afrikaanse werkgemeenskap en #RaakTuis by Solidariteit se Doktersnetwerk.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel